You are on page 1of 42

WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME

ENERGIE VERANDERING
’n Voorbeeld van ’n kort leerprogram in die Natuurwetenskappe

en
GRAAD 7
Aktiwiteit 1: Soek verskillende soorte energie
Aktiwiteit 2: Die brand van ‘n kers
Aktiwiteit 3: Verskillende brandstowwe
Aktiwiteit 4: Ons doen ons eie leeswerk en navorsing oor olie en gas
Aktiwiteit 5: Vergelyk drie verskillende brandstowwe
Aktiwiteit 6: Vervoer en brandstof
Aktiwiteit 7: Waarom kos brandstowwe geld?
Aktiwiteit 8: Wat van brandstowwe in die toekoms?

Ons verwelkom die wye gebruik van hierdie materiaal. Gee asb. erkenning aan PSP. ©PSP 2001
Ontwikkel deur die Western Cape Primary Science Programme-span

Hierdie leerprogram is daarop gerig om die volgende uitkomste in die


Natuurwetenskappe te bereik:

s LU 1: Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike
verskynsels te reageer en om verhoudings en probleme binne die konteks
van wetenskap, tegnologie en die omgewing te ondersoek en op te los.

s LU 2: Konstruksie van Wetenskapkennis


Die leerder ken en is in staat om wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis
te interpreteer en toe te pas.

s LU 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing


Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen
wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Kursus aangebied deur Rose Thomas en Sandra Mahote


Boekie ontwerp deur Welma Odendaal, geïllustreer deur Janet Ranson
en Nicci Cairns en vertaal deur Ronél Gouws

Western Cape Primary Science Programme


Edith Stephens-Vleilandpark
Lansdowneweg
Philippi
Posbus 529
Howard Place
7450
Tel: 021 691-9039 Faks: 021 691-6350
e-pos: info@psp.org.za
webtuiste: www.psp.org.za
Inhoud
• Hierdie boekie illustreer ’n voorbeeld van ’n kort leerprogram vir graad 7.
• Dit ontwikkel begrippe, vaardighede, houdings en taal stapsgewys.
• Dit sluit die volgende in: aktiwiteite en take vir leerders, take vir onderwysers,
steunmateriaal en voorstelle vir assessering.
Bladsy . . . . . . . . . . . . . . . . . . .Onderwerp
2 . . . . . . . Aktiwiteit 1 Soek verskillende soorte energie
4 . . . . . . . Aktiwiteit 2 Die brand van ‘n kers
7 . . . . . . . Aktiwiteit 3 Verskillende brandstowwe
8 . . . . . . . Aktiwiteit 4 Ons doen ons eie leeswerk en navorsing oor olie en gas
12 . . . . . . .Aktiwiteit 5 Vergelyk drie verskillende brandstowwe
17 . . . . . . .Aktiwiteit 6 Vervoer en brandstof
21 . . . . . . .Aktiwiteit 7 Waarom kos brandstowwe geld?
25 . . . . . . .Koerant-sakeverslag
26 . . . . . . .Aktiwiteit 8 Wat van brandstowwe in die toekoms?
28 . . . . . . .Voorgestelde werkskema vir hierdie leerprogram
oor energie en verandering
29 . . . . . . . Taakassesseringsblad
30 . . . . . . . Klasrekordblad vir taakassessering
31 . . . . . . . Skoon assesseringsblaaie
33 . . . . . . . Kodes vir assessering
Bylae
34 . . . . . . . Taakkaart: Aktiwiteit 2 – Die brand van ‘n kers
35 . . . . . . . Taakkaart A: Aktiwiteit 5 – Vergelyk drie verskillende brandstowwe
36 . . . . . . . Taakkaart B: Aktiwiteit 5 – Vergelyk drie verskillende brandstowwe
37 . . . . . . . Taakkaart: Aktiwiteit 6 – Vervoer en brandstof
38 . . . . . . . Taakkaart: Aktiwiteit 7 – Waarom kos brandstowwe geld?
39 . . . . . . . Feiteblaaie oor “Olie en Gas in Suid-Afrika”
43 . . . . . . . Vyf prente oor verskillende vorme van vervoer
44 . . . . . . . Byskrifte vir verskillende soorte energie
45 . . . . . . . Xhosa-vertaling: “Hoeveel kos ru-olie?”
46 . . . . . . . Xhosa-vertaling: “Hernubare en nie-hernubare energiebronne”
Agterblad
. . . . . . . . Kopkaart: Energie en Verandering
Aktiwiteit 1 Soek verskillende soorte energie

Sleutelbegrip • Daar is verskillende vorme van (soorte) energie – hitte, lig, klank,
beweging, elektrisiteit.
(Kernenergie en gestoorde (gebergde) energie is ook vorme van
energie, maar ons sal dit nie hier behandel nie.)

Onderwysertaak
1. Deel ’n ou koerant aan elke groep leerders uit. Die prente en
advertensies in die koerante illustreer voorbeelde van verskillende
LET WEL … vorme van energie. Motors, toestelle en masjiene van alle soorte
Terwyl leerders die gebruik en produseer byvoorbeeld sekere vorme van energie. Mense,
byskrifte plaas, moet jy plante en diere gebruik en produseer sekere vorme van energie.
seker maak dat hulle die 2. Deel ook klein byskrifte (elektriese energie, hitte-energie, klankenergie,
verskillende vorme van
bewegingsenergie, ligenergie) aan elke groep uit. (Fotostateer van
energie korrek
identifiseer. Jy kan bladsy 45.)
leerders assesseer terwyl
hulle dit doen.
Sit energiebyskrifte op prente
1. Kyk na prente in ou koerante en tydskrifte en vind al die verskillende
Leerdertaak vorme van energie
GROEP (hitte-energie, ligenergie, klankenergie, bewegingsenergie en elektriese
energie).
2. Sit die byskrifte op al die plekke waar julle die verskillende vorme van
energie raaksien.

gse nergie
bewegin

kla
nke
ner
gie

it t e - e n ergie
3. Verduidelik aan jou groep waarom h
jy elke byskrif daar geplaas het en ligene
wat die energie op daardie plek doen.
rgie
4. Skryf een sin oor elke vorm van energie wat
jy raakgesien het en beskryf wat dit doen, bv.

Die radio het elektriese energie nodig om musiek te kan speel.

2
Assessering
1 Soek verskillende soorte energie
Aktiwiteit

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag
Die plaas van energiebyskrifte Leerders moet die volgende doen:
op prente K Identifiseer die verskillende vorme
van energie korrek deur die byskrifte
op die gepaste plekke op die prente
te plaas.
Die skryf van sinne oor die Die sinne moet die volgende aandui:
verskillende vorme van energie K watter vorm van energie dit is
K waar die energie iets doen
K wat die energie doen.

at?
w ar?
wa

3
Aktiwiteit 2 Die brand van ’n kers
• Energie kan van een vorm (soort energie) na ’n ander verander
Sleutelbegrippe
word.
• Die proses van verbranding verander ook energie van een vorm
na ’n ander.
• Brandstowwe is stowwe wat ons verbrand om lig en energie te
kry.
• Brandstowwe bevat gestoorde (gebergde) energie.

Onderwysertaak 1. Skryf sleutelwoorde soos die volgende op die bord: brand, verbrand,
gestoorde energie (in die was), was, brandstof, hitte- en ligenergie, pit,
suurstof, energie.
2. Gee aan elke groep leerders ’n kers. Gebruik die gepaste
sleutelwoorde om die dele van die kers uit te wys.
3. Steek die kerse aan die brand en skryf die volgende vrae op die bord:

Sleutelwoorde
was, brandstof, hitte- en ligenergie, pit, suurstof, energie

Vrae:
* Wat het ’n kers nodig om te kan brand?
* Wat gebeur wanneer ’n kers brand?
* Waarvandaan kry die kers sy energie?
* Watter soort energie kry ons as ’n kers brand?

Nuwe woorde
Vlam, rook, smelt, vuurhoutjie, klankenergie, knetter

4. Fasiliteer ’n klasbespreking sodat leerders hul eie idees oor die


antwoorde vir die vrae kan ondersoek. Skryf enige nuwe woorde op
die bord sodat leerders die onderstaande tabel kan invul.
5. Vra leerders om hul eie idees te gebruik en die “Ek dink ...”-kolom in
die tabel hieronder in te vul.
6. Daarna vra jy leerders om die leesstuk “Energie uit ’n brandende kers”
op bladsy 6 te lees. Laastens vul hulle die “Ek weet”-kolom in met
antwoorde wat hulle in die teks vind.

4
Leerdertaak 1. Kyk na die brandende kers en gebruik hierdie vrae om dit met jou
GROEP groep te bespreek.
Vrae
K Wat het ’n kers nodig om te kan brand?
K Wat gebeur wanneer ’n kers brand?
K Waarvandaan kry die kers sy energie?
K Watter soort energie kry ons as ’n kers brand?
2. Vul die “Ek dink ...”-kolom in die tabel hieronder in.
3. Lees die leesstuk “Energie uit ’n brandende kers” op bladsy 6 om
antwoorde vir die vrae te kry.
4. Gebruik nou die korrekte inligting uit die leesstuk en vul die “Ek weet”-
kolom in die tabel in.

Die brand van ’n kers

Vrae Ek dink ... Ek weet


Wat het ’n kers nodig Dit het ’n vuurhoutjie nodig ’n Kers het ’n vuurhoutjie, ’n pit, was
om te kan brand? om dit aan te steek. en suurstof nodig om te brand.
Wat gebeur wanneer ’n Die was smelt en die kers Daar is ’n energieverandering
kers brand? word kleiner. wanneer die kers brand.
Waarvandaan kry die kers Die kers het sy energie van Die kers het sy energie van die was
sy energie? die vuurhoutjie gekry. gekry. Die energie is in die was
gestoor.
Watter soort energie kry Ons kry ligenergie uit ’n Ons kry hitte- en ligenergie uit ’n
ons as ’n kers brand? brandende kers. brandende kers. Soms kry ons ook
klankenergie.

5
Energie uit ’n brandende kers
Jy het ’n kers sien brand. Jy het die hitte-energie van die vlam gevoel. Dit
verskaf ook ligenergie.
Jy het hitte van ’n vuurhoutjie nodig om jou kers aan te steek. Wanneer
jy die kers aansteek, begin die pit eerste brand totdat ’n bietjie was
gesmelt het. Dan gaan die was in die pit in en raak ook aan die brand.
Dan brand die was en die pit.
Jy het ook suurstof uit die lug nodig om die kers te laat aanhou brand.
’n Stof wat met suurstof brand, word ’n brandstof genoem. Was is dus die
kers se brandstof.
Wanneer die kers brand, gebeur daar ’n energieverandering. Was word
verander wanneer dit brand. Chemikalieë in die was meng met suurstof
wanneer die brandstof brand. Hitte- en ligenergie word afgeskei. Die
gestoorde energie binne-in die was word na hitte- en ligenergie verander
wanneer die kers brand.
Mense brand brandstowwe omdat die brandstowwe gestoorde energie
het. Wanneer ons brandstowwe brand, kry ons lig- en hitte-energie.
Mense gebruik brandstowwe omdat ons hitte- en ligenergie nodig het.
Ons het ook brandstowwe nodig om enjins te laat werk. In ’n
motorenjin moet die petrol verbrand word om hitte-energie af te skei
sodat die enjin kan werk. Vliegtuie en skepe het ook enjins waarin
brandstof verbrand word.

Assessering
2
Aktiwiteit Die brand van ’n kers
Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag
Die voltooiing van die Die antwoorde op die vrae moet
“Ek dink ...”-kolom oor “Energie korrek volgens die inligting in die
uit die brand van ’n kers” leesstuk wees.

6
Aktiwiteit 3 Verskillende brandstowwe

Sleutelbegrip • Mense gebruik talle verskillende brandstowwe, byvoorbeeld hout,


steenkool, olie, paraffien, petrol.

Teacher task 1. Maak saam met die leerders ’n kopkaart van die verskillende
brandstowwe en die gebruike daarvan op die bord.
2. Nadat julle die kopkaart voltooi het, vestig jy leerders se aandag op
LET WEL… die twee belangrike kategorieë brandstowwe, naamlik OLIE en GAS.
Herinner leerder Sê vir hulle dat hulle NAVORSING oor olie en gas gaan doen deur te
s daar-
aan dat brands lees. Dan gaan hulle die inligting in die vorm van ’n plakkaat aanbied.
towwe
energiebronne is
wat ons
moet brand. Ele
ktrisiteit
is dus nie ’n bra
ndstof
nie, al is dit ’n
energie -
Hout
bron.
l
petr0 vuur, kook,
motors, verhit Olie
vragmotors, plastiek,
motorfietse, skepe,
taxi’s, trekkers brandstowwe vliegtuie
en die gebruike
diesel daarvan Steenk
ool
taxi’s, bote,
vragmotors, vuur vir verhitting,
trekkers, busse, kragsentrales,
ien
treine fabrieke
r af f gas
pa stowe, ligt
primusstowe, lampe, ligte e, kampee
r

7
4 Ons doen ons eie leeswerk en
navorsing oor olie en gas
Aktiwiteit

Sleutelbegrippe • Natuurlike olie en gas is belangrike natuurlike energiebronne.


• Olie en gas is oor miljoene jare uit klein diertjies en plante in die
aardkors gevorm.
• Mynmaatskappye boor diep in die aardkors om olie en gas te vind.
Die gat in die aardkors waardeur die olie of gas na die oppervlak
kom, word ’n boorgat genoem.
• Olie en gas word vanaf hierdie bronne na plekke wêreldwyd
vervoer.
• Ru-olie word gebruik om brandstowwe en talle ander nuttige
produkte te maak.

Onderwysertaak

Inleiding
1. Vra leerders om soveel moontlik vrae in
verband met olie en gas te stel. Vra: “Wat
wil julle oor olie en gas weet?” Dan moet
leerders vrae oor olie en gas opmaak wat
met woorde soos die volgende begin:
wat, waar, hoe, wanneer, wie, wat sal
gebeur as?
2. Skryf hul vrae in ’n kopkaart op die bord.
3. Skryf nou die spesifieke vrae op bladsy 9 neer.
Vergelyk die leerders se vrae met die spesifieke vrae
en wys daarop dat baie vrae eenders is.

Hoe word olie en gas vervoer?


Waar kry ons olie en gas?
Waarom vervoer skepe olie?
Hoe word olie en
vrae: gas gemaak?
Wat sal gebeur as olie en gas
ons nie olie en gas
het nie? Wie gebruik olie en
gas?
Hoeveel kos dit?
Waarvoor word olie en gas
gebruik?

8
Spesifieke vrae
a. Waarom is olie en gas belangrik?
b. Waarvandaan kom olie en gas?
c. Wat is ru-olie?
d. Watter dinge word van olie en gas gemaak?
e. Hoe kom olie- en gasprodukte by ons (die verbruiker)?
f. Hoe word olie en gas gevorm?
g. Hoe vind ’n mens olie en gas?
h. Hoe kry ons olie en gas uit die grond?
i. Hoe word olie en gas vervoer?
j. Hoe word ru-olie na ’n voltooide produk geraffineer?
k. Waarvandaan kom die energie wat in olie en gas gestoor (geberg)
word?
4. Sê vir leerders dat jy inligting oor die spesifieke vrae vir hulle het. Hulle
sal vrae kies en dan navorsing doen om die antwoorde op te spoor.

Vorm groepe om hul leesnavorsing te doen


1. Verdeel die klas in groepe van vyf. Laat elke groep twee of drie vrae
kies om na te vors.
2. Lees die inligtingsblad “’n Gids tot olie en gas in Suid-Afrika” (bladsy
39) saam met die klas.
Let Wel: Maak seker dat leerders moeilike woorde of begrippe
verstaan en kan verduidelik.
Byvoorbeeld: Ru-olie is die olie wat natuurlik diep in die aardkors
gevind word. Nadat dit na die oppervlak gebring is, moet dit verander
of geraffineer word sodat ons dit kan gebruik. Die olie en petrol wat
ons vir ons motors koop, is uit ru-olie geraffineer.

Stel die taak vir die leerders


1. Deel die taakkaarte aan die leerders uit en verduidelik wat hulle moet
doen.
2. Verduidelik wat jy op die plakkaat verwag:

K ’n gepaste opskrif
K goeie illustrasies
K gepaste en korrekte inligting
K kunstige uitleg en letterwerk (dit beteken jy moet alles
op die plakkaat duidelik en kunstig rangskik).

9
3. Laat leerders die navorsing (lees vir inligting) in die klas doen. Wees
beskikbaar om hulle met woordeskat en ander vrae te help.
4. Stel ’n tyd vas (’n week later) vir die maak van die plakkaat as ’n
groepprojek sodat leerders tyd het om hul inligting vir die plakkaat
voor te berei.
5. Laat elke groep hul inligting op die dag van die uitstalling op hul eie
plakkaat saamstel.

6. Gaan elke plakkaat na om seker te maak dat die inligting korrek is.
Gee aan elke groep genoeg tyd om enige foute reg te stel.
7. Elke groep bied hul plakkaat mondelings vir die klas aan. Help leerders
om hard genoeg en duidelik te praat. Laat tyd vir vrae toe sodat
leerders vrae aan die hele groep kan vra as enigiets duideliker gestel
moet word.
8. Stal die plakkate in die klas uit totdat julle die tema “Energie en
verandering” afgehandel het.

Op sommige plekke
in die wêreld word ’n
olieboor gebruik om
olie en gas onder uit
die seebodem te
pomp.

10
Leerdertaak Maak ’n plakkaat
GROEP
oor olie en gas in
Suid-Afrika
1. Lees oor olie en gas in Suid-Afrika.
2. Kies twee vrae om na te vors.
3. Lees om die antwoorde op die vrae te
vind. Skryf enige relevante inligting oor
hierdie vrae in jul eie woorde. Jul
inligting moet korrek wees.
4. Julle kan ook prente teken om te wys wat
julle uitgevind het. Die prente moet
byskrifte hê wat dit verduidelik.
5. Volgende week gaan julle jul tekeninge en
skryfwerk op ’n plakkaat wat die hele groep
gaan maak, saamstel.
6. Die plakkaat moet:
K ’n opskrif hê
K goeie illustrasies met byskrifte of verduidelikende aantekeninge hê
K korrekte inligting bevat oor die vrae waaroor julle navorsing gedoen
het
K kunstig gerangskik wees.
7. Julle moet jul inligting en tekeninge op die plakkaat aan die res van die
klas kan verduidelik en vrae daaroor kan beantwoord. (Julle moet dit
hard genoeg en duidelik kan verduidelik en die korrekte inligting kan
gee.)

Assessering
Aktiwiteit 4 Ons doen ons eie leeswerk en navorsing oor olie
en gas

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag
Die maak van ’n plakkaat oor olie en Die plakkaat moet:
gas in Suid-Afrika K ’n gepaste opskrif hê wat by die onderwerp van olie
en gas aansluit
K korrekte inligting bevat wat die vrae wat leerders
gekies het, beantwoord
K tekeninge of prente hê wat iets wat leerders
nagevors het, op ’n gepaste manier illustreer
K die illustrasies moet byskrifte of verduidelikings
daarby hê
K kunstig en netjies aangebied word
K

11
5 Vergelyk drie verskillende
brandstowwe
Aktiwiteit

Sleutelbegrip • Brandstowwe stoor energie en ons moet dit verbrand om die


energie daaruit te kry.
• Verskillende brandstowwe stoor verskillende hoeveelhede
energie.
• Verskillende brandstowwe skei verskillende soorte en
hoeveelhede besoedeling af wanneer dit brand.

Onderwysertaak

1. Wys drie verskillende soorte brandstof aan leerders (kerswas,


brandspiritus en paraffien).
2. Verduidelik aan leerders dat hulle ondersoek gaan instel om die drie
soorte brandstof te vergelyk. Hulle gaan dit doen deur te kyk hoe
vinnig elkeen water tot kookpunt kan verhit.
3. Vra leerders om te voorspel watter een van die drie soorte brandstof
water die vinnigste sal laat kook.
4. Deel die taakkaart en die apparaat uit (vergelyk leerdertaakkaart) sodat
elke groep hul ondersoek kan uitvoer:
K ’n kers
K ’n spiritusbrander met brandspiritus
K ’n spiritusbrander met paraffien
K glasbabakosbotteltjies of glasbekers
K water
K spuite of maatsilinders om die water te meet
K driepootstaanders en gaasmatjies
K vuurhoutjies om die kers en branders aan te steek.

12
Wat wil ek oor die Wat moet ek doen om Watter soort brandstof,
brandstowwe uitvind? die drie brandstowwe dink ek, sal die water
billik te toets? eerste laat kook?

Wat moet ek doen


om uit te vind?
Leerdertaak Vergelyk drie verskillende brandstowwe
1. Stel die apparaat só op:

water water
gaas gaas water
gaas
driepoot
driepoot
driepoot
spiritus-
spiritus-
brander
brander
kers
paraffien spiritus

2. Vergelyk wat gebeur wanneer jy drie verskillende brandstowwe gebruik


om water te laat kook. Gebruik hierdie vrae om jou te help om jou
waarnemings te doen:
K Watter kleur is die vlam?
K Watter soort brandstof veroorsaak besoedeling? Watter soort
besoedeling word afgeskei?
K Watter soort brandstof laat die water die vinnigste kook?
3. Skryf jou waarnemings in die onderstaande tabel.

’n Kers Brandspiritus Paraffien

Die vlam is geel. Die vlam is blou. Die vlam is oranje.


Die kers skei ’n bietjie rook Dit skei ’n reuk af wanneer Dit skei baie rook
af. dit brand. en ’n slegte reuk af.
Die bottel se onderkant Die bottel word nie baie Die bottel se onderkant en
word vuil. vuil nie kante word swart.
Hierdie brandstof laat die Hierdie brandstof laat die Hierdie brandstof laat die
water laaste kook. water eerste kook. water tweede kook.

13
Onderwysertaak 1. Fasiliteer ’n klasbespreking waarin die drie soorte brandstof vergelyk
word. Maak seker dat die volgende punte in die bespreking genoem
word:
K Leerders vergelyk die brandstowwe deur elkeen te gebruik om
water te laat kook. (Herinner leerders dat water kook wanneer dit
energiek borrel.)
K Om die drie brandstowwe billik te vergelyk, moet leerders dieselfde
hoeveelheid water saam met elke soort brandstof gebruik.
K Dit is nie nodig om dieselfde hoeveelheid brandstof te hê nie, mits
daar genoeg is om die water te laat kook.
K Leerders moet ook seker maak dat al die water aan die begin
ongeveer dieselfde temperatuur is (hulle skink dit dus uit dieselfde
beker of bottel).
K Die soort brandstof wat water die vinnigste laat kook, is gewoonlik
brandspiritus.
K Paraffien skei baie swart rook af en bedek die binnekant van die
bottel met ’n olierige roet.
2. Skryf enige nuwe woorde wat tydens die bespreking gebruik word, op
die bord en verduidelik dit:
byvoorbeeld roet = die taai swart goed wat op die glasbottel se
bodem bly sit
bottel, rook, besoedeling, taai, stink gas, ens.

LET WEL…
araffien in ’n
Wanneer ons p
die huis
primusstoof by
ns lug daarin
gebruik, moet o
rimus te laat
pomp om die p
stof meng met
werk. Die brand e
om baie beter t
lug en help dit er
dan baie me
brand. Dit gee
nie soveel rook
energie en skei
en roet af nie.

14
Leerdertaak
Skryf ’n verslag
SKRYFTAAK
1. Skryf ’n verslag waarin jy die drie verskillende soorte brandstof
vergelyk. Gebruik die hofies hieronder om jou te help.

Vergelyk drie verskillende brandstowwe


Wat ek oor die brandstowwe wou uitvind:
Ek wou uitvind watter soort brandstof die water die vinnigste sou
laat kook.
Ek het voorspel dat ... die paraffien die water eerste sou laat kook.
Ek het die volgende gedoen om die soorte brandstof te vergelyk:

Eers ... het ek drie babakosbotteltjies gekry. Ek het dieselfde hoeveelheid


water in elkeen gegooi.
Daarna ... het ek een bottel met ’n kers verhit. Ek het ’n ander bottel met
paraffien as brandstof verhit. Ek het brandspiritus gebruik om die derde
pa
r affin bottel te verhit.
Toe ... het ek dopgehou watter water eerste kook.

Laastens ... het ek opgelet dat die water wat met brandspiritus verhit is,
eerste gekook het.
irit Dit is wat ek oor die energie in die drie soorte brandstof uitgevind het:
sp
methy lated
Ek het uitgevind dat ... die kers nie baie energie het nie, want dit neem lank
om die water te laat kook. Die paraffien het meer energie as die kers, want
dit het die water vinniger as die kers laat kook.Die brandspiritus het die
meeste energie, want dit het die water die vinnigste laat kook.
Terwyl ek die toets gedoen het, het ek ook die volgende uitgevind:
Die kers het ’n geel vlam, die paraffien het ’n oranje vlam en die brandspiritus
het ’n blou vlam.
Ek het ook uitgevind:Paraffien skei baie rook en roet af en dit ruik sleg.
Dit veroorsaak lugbesoedeling en dit laat my hoes.
Nog iets wat ek geleer het ... ’n Kers skei ’n bietjie rook af en brandspiritus
skei nie rook af nie, maar dit ruik sleg.
Besprekingspunte
2. Bespreek hierdie vraag met jou groep nadat jy jou verslag geskryf het:
Dink jy ons het hierdie drie brandstowwe op ’n billike manier vergelyk?
Gee redes om jou antwoord te staaf. Besluit op maniere waarop jy
die vergelyking billiker sou kon doen.

15
Assessering
5 Vergelyk drie verskillende
brandstowwe
Aktiwiteit

water water
gaas gaas water
gaas
driepoot
driepoot
driepoot
spiritus-
spiritus-
brander
brander
kers
paraffien spiritus

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag
Leerders voer die ondersoek uit en skryf Leerders moet die volgende kan doen:
hul waarnemings neer K Stel die apparaat korrek op.
K Bespreek en doen waarnemings terwyl hulle die
ondersoek uitvoer.
K Skryf akkuraat oor wat hulle waargeneem het op
hul rekordblaaie.
K Vergelyk die drie soorte brandstof deur
aantekeninge oor ooreenkomste en verskille te
maak, byvoorbeeld, hoe vinnig verhit elke
brandstof die water en hoeveel en watter soort
besoedeling word afgeskei.
K
Die skryf van ’n verslag waarin die drie Die verslag moet:
soorte brandstof vergelyk word K in die leerders se eie woorde geskryf wees
K die relevante inligting onder elke hofie bevat
K

16
Aktiwiteit 6 Vervoer en brandstof

Sleutelbegrippe • Fossielbrandstowwe (steenkool, olie en gas) is nie-hernubare


energiebronne. Hout, sonlig, wind en voedsel is ’n paar
hernubare energiebronne.
• Verskillende vorme van vervoer gebruik verskillende soorte
brandstof.
• Die meeste enjinaangedrewe voertuie gebruik fossielbrandstof.

Onderwysertaak 1. Stal die prente van verskillende voertuie teen die bord uit.

2. Verduidelik die volgende punte aan leerders:


K Die motor, vliegtuig, taxi en vissersboot het almal enjins
wat hulle laat beweeg.
K Hierdie enjins het brandstof nodig.
K Die brandstof brand binne-in die enjins en die brandstof
se hitte laat die enjins werk.
K Hierdie verbrandingsproses skei besoedeling in die lug
af.
3. Deel die vrae en prente van verskillende voertuie uit
(vergelyk bladsy 46) sodat leerders dit in hul groepe kan
bespreek. (Dit sal die beste wees as al die groepe al vyf
prente kan kry.)

17
Leerdertaak Bekyk verskillende voertuie
GROEP 1. Kyk na die prente van verskillende voertuie wat mense vir vervoer
gebruik.
2. Bespreek die vrae en skryf dan die antwoorde neer sodat julle verslag
aan die hele klas kan doen.
Besprekingsvrae:
K Watter soort energieverandering vind plaas wanneer hierdie voertuig
beweeg?
K Watter soort brandstof gebruik hierdie voertuig?
K Waarvandaan kom hierdie brandstof oorspronklik?
K Sal hierdie soort brandstof altyd as ’n energiebron beskikbaar wees?
Gee redes vir jul antwoord.
K Is dit goed of sleg vir die omgewing as ons hierdie soort brandstof
gebruik? Gee minstens twee redes vir jou antwoord.
3. Vul die tabel hieronder in.
Vergelyk verskillende voertuie en die brandstof wat dit gebruik
Soort voertuig wat Voordele Nadele Watter soort brandstof Gaan die brandstof altyd
wat gebruik word gebruik dit? op aarde beskikbaar wees?

Fiets Fietse is goedkoper as motors Jy kan net klein goedjies met Die kinders se kos is die Ja, solank daar genoeg kos
Kinders en volwassenes kan ’n fiets vervoer. Jy kan nie brandstof. vir die kinders is.
fietse gebruik. Dit is maklik baie vinnig ry nie.
om reg te maak. Dit veroor-
saak nie besoedeling nie. Jy
hoef nie brandstof te koop nie.
Motor (taxi) Dit ry vinnig. Dit kan baie Jy moet brandstof koop. Dit Petrol Nee, dit kom uit olie en
mense vervoer. is gevaarlik as jy nie weet wanneer al die olie op aarde
hoe om te bestuur nie. op is, sal ons nie nog kan
Dit besoedel die lug. kry nie.

Vissersboot Dit kan baie mense en baie Dit besoedel die lug. Diesel Nee, want dit kom ook uit
vis vervoer. olie.
Vliegtuig Dit kan baie mense vervoer en Dit maak ’n groot geraas Vliegtuigbrandstof Nee, want dit kom ook uit
vinnig beweeg. en besoedel die lug. olie.
Perdekar Dit is veiliger as ’n motor. Jy kan dinge vervoer. Jy hoef Perdekos (gras) Ja, solank ons nog kos vir die
nie brandstof te koop nie. perd kan verskaf.
Dit is stadig in vergelyking
met ’n motor. Die perd kan
siek word en doodgaan.

4. Doen verslag aan die klas oor een vorm van vervoer.

it b e s paar 5. Rangskik die prente van die voertuie van die een wat die meeste
D tof! energie gebruik tot die een wat die minste energie gebruik. Skryf die
brands rangskikking neer.

Die meeste energie tot die minste energie

vliegtuig boot taxi, motor perdekar fiets

18
Onderwysertaak 1. Plak die prente op die bord terwyl die leerders verslag doen. Laat net
een groep oor elke soort vervoer verslag doen. Moedig leerders aan
om enige verbeteringe aan hul tabelle aan te bring terwyl hulle na die
ander groepe luister.
2. Nadat leerders verslag aan die klas gedoen het, moet hulle die
voertuie rangskik van die een wat die meeste energie gebruik tot die
een wat die minste energie gebruik.
3. Plak die prente in daardie volgorde op die bord.

1 2 3

4. Lees die volgende teks aan die leerders en help hulle om dit te verstaan.

Hernubare en nie-hernubare energiebronne


Olie, steenkool en gas is natuurlik wees. Al die olie sal teen 2030 op wees.
Olie, steenkool en gas is natuurlike energie-
Hernubare energiebronne
bronne wat in die aardkors aangetref word. Dit
Daar is ander energiebronne in die natuur. Ons
word soms fossielbrandstowwe genoem omdat
kan byvoorbeeld sonlig gebruik om plante te
dit tussen rotslae aangetref word en oor miljoene
kweek en ons kry brandstof vir ons liggame
jare op ’n natuurlike manier van dooie plante en
wanneer ons plante eet. Ons kweek aanhoudend
diere gevorm is.
nog plante sodat die brandstofvoorraad vir ons
Hoeveel olie, steenkool en gas is daar? liggame nooit uitgeput sal raak nie. Ons kan hout
Niemand weet hoeveel olie, steenkool en gas daar as brandstof brand om ons huise te verhit. Ons
in die aardkors is nie. Ons is vinnig besig om al kweek aanhoudend nog hout sodat ons voorraad
die fossielbrandstowwe op te gebruik. Mynmaat- nooit op sal raak nie. Ons sê kos en hout van
skappye soek dus aanhoudend nuwe voorrade plante is hernubare energiebronne. Dit beteken
van hierdie natuurlike brandstowwe. Hulle moet ons kan altyd nuwe voorrade kry deur nog te
selfs op moeilike plekke soos onder die see soek. kweek. Die son se lig en hitte, wind en die
beweging van water is ook hernubare
Nie-hernubare energiebronne
energiebronne.
Wetenskaplikes dink dat al die aarde se voorraad
fossielbrandstowwe binnekort uitgeput sal wees.
Ons sê fossielbrandstowwe is nie-hernubare
energiebronne. Dit beteken dat wanneer dit op is,
daar nêrens nog sal wees nie (want dit neem
miljoene jare voordat die natuur nog kan maak).
Wetenskaplikes skat dat as ons aanhou om
fossielbrandstowwe so vinnig soos nou te
gebruik, al die steenkool teen 2085 uitgeput sal

19
5. Help leerders om die volgende opsomming te voltooi:

Leerdertaak Hernubare en nie-hernubare energiebronne


1. Verduidelik in jou eie woorde wat die volgende beteken:
K As ’n energiebron hernubaar is, beteken dit ons kan in die
toekoms nog daarvan kry (maak).
K ’n Voorbeeld van ’n hernubare energiebronne is hout of
sonkrag.
K As ’n energiebron nie-hernubaar is, beteken dit ons kan nie nog
maak wanneer dit op is nie.
K ’n Voorbeeld van ’n hernubare energiebron is steenkool, olie
of gas.

Assessering
Aktiwiteit 6 Vervoer en brandstowwe
Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag
Die beantwoording van die vrae Die antwoorde moet korrek wees.
1. Alle voertuie verander gestoorde energie na
bewegingsenergie.
2. Die motor gebruik petrol- of dieselbrandstof. Die vliegtuig
gebruik vliegtuig- of stralerbrandstof. Die vissersboot gebruik
diesel. Die fiets gebruik die kinders se bewegingsenergie wat
hulle van die energie wat in kos gestoor is, gekry het. Die
perdekar gebruik die perd se bewegingsenergie wat hy van
die gestoorde energie in sy kos gekry het.
3. Die petrol, diesel en stralerbrandstof kom uit ru-olie. Die
kinders en die perd se kos kom van plante en diere.
4. Petrol, diesel en stralerbrandstof sal nie altyd beskikbaar
wees nie. Binnekort sal al ons voorrade uitgeput wees. Kos
sal beskikbaar wees solank ons dit aanhou kweek.
5. Petrol, diesel en stralerbrandstof is sleg vir die omgewing
omdat dit rook en ander gifgasse afskei wat die lug
besoedel. Wanneer dit reën, beland hierdie besoedeling ook
in die water.
6. Kos vir die kinders en die perd het geen slegte uitwerking op
die omgewing nie. Die perdemis en die seuns se toiletafval
kan weer gebruik word om die grond te verryk.
Die voltooiing van die tabel om Die leerders moet die volgende skryf:
die voor- en nadele van die K ’n paar voordele en ’n paar nadele van elke soort vervoer
verskillende vervoervorme te K die brandstof vir die fiets en die perd is kos, en dit is
vergelyk hernubaar (ons kan nog kos kweek)
K die brandstof vir die motor, die vliegtuig en die boot is nie-
hernubaar (hierdie brandstowwe sal nie altyd beskikbaar
wees nie).

20
Aktiwiteit 7 Waarom kos brandstowwe geld?

Sleutelbegrippe • Alle soorte brandstof kos geld.


• Die prys wat ons vir brandstof betaal, sluit die koste in van die
ru-olie waarvan dit gemaak is, asook die koste om dit te
produseer, te vervoer en voor te berei om te verkoop.
• Die brandstofprys styg wanneer die prys van ru-olie toeneem of
as enige van die bostaande kostes toeneem.

Onderwysertaak
1. Sê vir leerders hulle gaan uitvind hoe die prys van ru-olie vasgestel
word. Hulle gaan ook nadink oor die faktore wat die prys van
brandstof wat uit ru-olie gemaak is, beïnvloed.
2. Skryf die volgende vrae op die bord.

Wie besluit wat die Hoe besluit OPUL wat


prys van ru-olie is? die prys van ru-olie is?

Hoeveel kos
Wat is OPUL? ru-olie?

HOEV EEL
KOS
RU-
Waarom affekteer die OLIE?
prys van ru-olie die prys
van die brandstowwe wat
ons elke dag gebruik?
3. Lees die artikel “Hoeveel kos ru-olie?” saam met die leerders.
Verduidelik enige moeilike woorde en begrippe.
4. Hou ’n klasbespreking om seker te maak dat leerders die antwoorde
op hierdie vrae in die leesstuk vind.

21
Hoeveel kos ru-olie?
Omtrent al die energie wat in die wêreld gebruik word, kom uit
fossielbrandstowwe.
K Die meeste steenkool word gebruik om elektrisiteit in
kragsentrales op te wek.
K Al die ru-olie word gebruik om brandstof vir vervoer te
produseer, byvoorbeeld petrol, diesel en vliegtuigbrandstof.
Net ’n paar lande ter wêreld het natuurlike olieneerslae. Dit is
lande soos Saoedi-Arabië, Iran, Irak en Nigerië. Hulle word die
Organisasie van Petroleumuitvoerlande (OPUL) genoem. Hulle
besit die olieneerslae in hul lande en hou toesig oor die ondersoek,
ontginning, vervoer en verkoop daarvan aan lande wat nie hul eie
olie besit nie. Gewoonlik word dit as ru-olie aan ander lande
verkoop en dan moet hierdie lande dit self raffineer om
brandstowwe te maak.
Die OPUL-lande besluit saam hoeveel ru-olie te koop is en wat die
prys daarvan is. Die prys word altyd as die prys per vat in Amerikaanse
dollar aangekondig, byvoorbeeld, die prys van ru-olie is
ongeveer $25 per vat. Die prys van ru-olie verander
egter daagliks effens wêreldwyd afhangend van
hoeveel verkoop word en watter lande dit koop.
Elke land wat olie koop, betaal vir die olie en
betaal dan om dit te raffineer en brandstowwe
daarvan te maak. Sommige van hierdie kostes is:
K die koste om dit na verskillende brandstowwe te
raffineer
K die koste om die brandstowwe na die mense
wat dit gebruik, te vervoer en dit te verskaf
K die koste om vulstasies te bou.
Daarna voeg elke land
belasting by die
brandstofprys. Al hierdie
kostes word ingesluit by
die prys van die brandstof wat ons koop.
In Suid-Afrika publiseer party koerante (soos Die Burger,
The Star, The Cape Times en Beeld) elke dag die prys van ru-olie.
Die prys van belangrike soorte metaal soos goud, silwer en koper word
ook gepubliseer.

5. Vra leerders om die prys per liter van die volgende brandstowwe vir
huiswerk uit te vind:
4paraffien
4motorolie
4petrol
4diesel.
6. Die volgende dag deel jy die taakkaart “Die prys van brandstof” uit.

22
Leerdertaak Die prys van brandstof
Voorbeeld van ’n berekening
1. Kyk na die sakeblad in die koerant van Maandag, 27 Augustus 2001
(vergelyk bladsy 24).
2. Vind uit wat die prys van ru-olie en die dollar-rand-wisselkoers was.
Die prys van ru-olie wat gegee word, is die prys van een vat. Elke vat
bevat ongeveer 200 liter ru-olie.
Hoeveel kos ’n vat olie in Suid-Afrikaanse geld?
Prys van een vat olie = $25,71 (VSA-dollar).
Lees en stel vas hoeveel rand daar in een dollar is.
1 dollar = 8,3725 rand.
Dus: die prys van een vat ru-olie
= $25,71 x 8,3725 = R215,25
maar 1 vat ru-olie = 200 liter
Dus: 200 liter ru-olie = R215,25
Dus: die prys van 1 liter ru-olie = R215,25 x 200
1 liter ru-olie kos R1,07.

Dit was die prys van alledaagse brandstowwe op 27 Augustus 2001:


Pryse:
K 1 liter petrol kos R 3,63
K liter motorolie kos R13,60 (500 ml kos R6,80)
K liter paraffien kos R 3,80
K liter diesel kos R 3,38

Taak
1. Kyk na die sakeblad in vandag se koerant. Vind uit wat die prys van
ru-olie en die dollar-rand-wisselkoers is.
2. Bereken die prys van een liter ru-olie vandag.
3. Vind uit wat vandag se prys van petrol, motorolie, paraffien en diesel
is.
4. Vergelyk hierdie pryse met die prys op 27 Augustus 2001. Het die
olieprys verander? Het die prys van brandstowwe verander?
5. Waarom, dink jy, is die prys van brandstowwe soveel hoër as die prys
van ru-olie? Waarom, dink jy, verander die
brandstofprys elke nou en dan?
Skryf en verduidelik waarom.

olie-r affinadery

23
Leerdertaak Die brandstofprys
SKRYFTAAK Die prys van brandstowwe verander elke nou en dan omdat die prys van
ru-olie verander. Die dollar-rand-wisselkoers verander ook. Albei hierdie
dinge affekteer die prys van brandstowwe. Brandstowwe is baie duurder
as ru-olie. Waarom? Gee ten minste twee redes.
Rede 1
Die brandstowwe kom van ru-olie. Die ru-olie moet egter geraffineer
word om ’n brandstof daaruit te maak. Die koste om ’n vat olie te
raffineer, word gevoeg by die prys wat ons vir die brandstof betaal.
Brandstowwe is dus duurder.
Rede 2
Nadat die brandstof gemaak is, moet dit na die vulstasies en winkels
waar dit verkoop word, vervoer word. Dit kos ook geld. Die koste om
die brandstof te vervoer, word gevoeg by die prys wat ons vir die
brandstof betaal.
Rede 3
Die regering voeg belasting by die brandstofprys.

Sakeblad Maandag, 27 Augustus 2001


Geldeenhede Kommoditeite
Rand/Dollar $ 8,3725 Goud 272,80
Rand/Pond £ 12,0928 Platinum 454,00
Rand/Euro Ä 7,6387 Silwer 4,20
Rand/Deutschmark DM 3,9093 Koper 1499,00
Rand/Jen ¥ 0,0697 Olie 25,71

Assessering
Aktiwiteit 7 Waarom kos brandstowwe geld?

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag
Leerderskryftaak oor Die skryfwerk moet verduidelik dat brandstowwe duurder as ru-olie
waarom brandstowwe is, want
duurder as ru-olie is K Dit kos geld om ru-olie na ’n raffinadery te vervoer.
K By die raffinadery word ru-olie verhit om dit in verskillende soorte
brandstof te skei. Dit is duur om raffinaderye te bou en te
onderhou. Dit is ook duur om die ru-olie te verhit.
K Nadat dit geraffineer is, moet die verskillende brandstowwe
vervoer word na die plekke waar dit gebruik gaan word. Die
voertuie en pype hiervoor kos geld.
K Dan word die brandstof verkoop. Dit kos geld om dit te versprei
en om rekening te hou van hoeveel gekoop en verkoop word.
K Baie mense word in diens geneem om brandstowwe by die
plekke te kry waar dit benodig word. Dit kos geld om hulle te
betaal.
K Al hierdie kostes word by die prys van brandstof gevoeg.
K Die regering voeg ook belasting by die prys van brandstowwe.
K

24
25
Oliepryse
Internasionale oliepryse
RU-OLIE MAAND PRYS VOLUME
Nymex WII Okt 01 -(26.83)
Nymex WII Nov 01 -(26.82)
IPE Brent Okt 01 -(25.81) 38927
IPE Brent Nov 01 -(24.55) 8864
Doebai Okt 01 -(24.55)
Doebai Nov 01 -(24.05)
Crude Type US DOLLAR 24/08/01
DTD Brent 26.390
Aktiwiteit 8 Wat van brandstowwe in die toekoms?
1. Fasiliteer ’n bespreking met die hele klas oor die volgende vraag:
Wat sal gebeur as al die aarde se olie-, steenkool- en
gasvoorraad op is?
K Wetenskaplikes dink dat daar teen 2030 nie meer olie op aarde sal
Onderwysertaak
oor wees nie, en teen 2085 nie meer steenkool nie. Wat sal gebeur
as hierdie energiebronne uitgeput is?
K Op watter maniere sal ons lewens verander as daar nie meer
fossielbrandstowwe is nie?
K Wat sal jy as brandstof gebruik wanneer jy 60 jaar oud is?
K Wat, dink jy, sal jou kleinkinders in 2085 as brandstof gebruik?
K Wat kan ons doen om voorbereidings vir ’n wêreld sonder
fossielbrandstowwe te tref?
2. Skryf woorde en frases wat leerders gebruik, tydens die bespreking op
die bord.
3. Kry boeke met inligting oor alternatiewe energiebronne, soos sonkrag,
windkrag, krag uit golwe, krag uit plante. Leerders kan navorsing doen
oor verskillende maniere waarop energie in die toekoms uit hierdie
hernubare bronne gekry kan word.
K Vergelyk “Eskom gaan windkrag gebruik” hieronder.

Eskom gaan windkrag gebruik


Multimiljoenrand-projek in Wes-Kaap sal omgewingsvriendelike alternatiewe energieborn ondersoek
Die Wes-Kaap se sterk winde
gaan as ’n energiebron vir elek-
trisiteit gebruik word. Eskom
gaan aan die einde van die jaar ’n
multimiljoenrand-windkrag-
opwekker bou. Dit sal die enigste
een in Suid-Afrika wees.
Indien alles volgens plan ver-
loop, sal dit genoeg krag opwek
om 2 000 huise teen die jaar 2005
te voorsien. Dit sal naby die N7-
snelweg naby Malmesbury gebou
word. Agt tot tien groot wind-
pompe sal aan kragopwekkers
gekoppel word. Dit sal bo-op ’n
heuwel wat amper heeljaar lank
sterk wind kry, opgerig word.
Daar is wêreldwyd ’n behoefte aan alternatiewe energiebronne ...
Sodra die Wes-Kaapse wind-
kragopwekker gebou is, sal opwekkers in dele van Suid-Afrika wat baie wind kry,
wetenskaplikes dit bestudeer om te bepaal op watter gebou word. Daar is wêreldwyd ’n behoefte aan
maniere die ontwerp verbeter kan word. Hulle sal ook alternatiewe energiebronne wat nie besoedeling
bereken hoeveel die elektrisiteit wat daardeur opgewek veroorsaak nie. Windkrag is net een soort alternatiewe
word, sal kos. energiebron.
Indien dit suksesvol is, sal nog talle windkrag- Verwerk uit Sunday Times, 25/2//2001

26
Leerdertaak 1. Skryf ’n halwe bladsy oor “Energie en die toekoms”. Verduidelik
SKRYFTAAK waarom ons ander energiebronne vir die toekoms moet vind. Gee
voorbeelde van ander energiebronne.

Energie en die toekoms


In die toekoms sal ons nuwe energiebronne moet
vind. Dit is so omdat ons voorraad fossielbrand-
stowwe op aarde op sal wees. Fossielbrandstowwe
kom uit olie en steenkool wat miljoene jare gelede in
die aardkors gemaak is. Ons sê fossielbrandstowwe
is nie-hernubare energiebronne. Dit beteken dat ons
nêrens meer daarvan sal kan kry wanneer dit opge-
bruik is nie.
Amper al die brandstowwe wat ons vandag ge-
bruik, kom uit fossielbrandstowwe soos steenkool en
ru-olie. Ons gebruik steenkool om die meeste van
ons elektrisiteit op te wek. Ons gebruik ru-olie om
petrol, diesel, paraffien, vliegtuigbrandstof en kerse
te maak. Ons kry ook verf, plastiek, talle chemikalieë
en selfs klere uit ru-olie.
In die toekoms, wanneer al die fossielbrand-
’n Lekker werkie vir die stowwe op is, sal ons nie elektrisiteit kan opwek nie.
Ons sal ook nie brandstowwe, plastiek en chemi-
suidooster! kalieë kan maak nie. Ons sal hierdie dinge dus êrens
anders moet kry. Dit is waarom ons ander bronne vir energie en
chemikalieë moet kry.
In die toekoms sal ons ander energiebornne moet gebruik. Ons kan
sonkrag gebruik. Dit is die energie uit sonlig. Ons kan dit gebruik om
elektrisiteit te maak en warm water in ons huise te verskaf. Ons kan
windkrag gebruik om elektrisiteit te maak en water te pomp. Ons kan
ook energie uit plante kry. Dalk is daar selfs energiebronne wat ons nog
nie ontdek het nie.

Assessering
Aktiwiteit 8 Wat van brandstowwe in die toekoms?

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag
Skryfstuk oor “Energie en die Die skryfstuk moet toon dat leerders die volgende verstaan:
toekoms” K Die aarde se voorraad fossielbrandstowwe sal heel moontlik
gedurende dié eeu uitgeput raak.
K Ons sal dan nie elektrisiteit uit fossielbrandstowwe kan maak
nie.
K Ons sal nie vervoer kan hê wat van fossielbrandstowwe
afhanklik is nie.
K Ons sal nie produkte soos chemikalieë, verf, klere en plastiek
wat van olie gemaak word, kan hê nie
K Ons sal ander energiebronne moet vind en gebruik, soos
windkrag, sonkrag, energie uit plante en kernenergie.
K

27
Voorgestelde werkskema vir Energie en Verandering
PERIODE 1 PERIODE 2 PERIODE 3 PERIODE 4 PERIODE 5
Aktiwiteit 1 Aktiwiteit 2 Aktiwiteit 3 Aktiwiteit 4 (vervolg) Aktiwiteit 4 (vervolg)
• Leerders plaas • Onderwyser stel • Onderwyser en leerders • Onderwyseres stel die • Onderwyser gee taak vir
energiebyskrifte op sleutelwoorde bekend maak ’n klaskopkaart spesifieke vrae oor olie leerders. Elke groep kies
prente (10 min) (5 min) oor brandstowwe en die en gas bekend (10 min) 2 of 3 vrae om na te
• Leerders skryf sinne oor • Leerders steek kerse gebruike daarvan (15 • Onderwyseres lees die vors (10 min)
die energievorme aan en bespreek vrae min) inligtingsblad “’n Gids tot • Leerders lees die
oor die brandende kers Aktiwiteit 4 Olie en gas in Suid- inligtingsblad (30 min)
(15 min) Afrika” en verduidelik
• Leerders stel vrae oor
• Klasbespreking oor die enige moeilike woorde
olie en gas (15 min)
brandende kers (15 min) of begrippe (30 min)
• Leerders voltooi die
opsomming oor energie
en verbranding (5 min)

PERIODE 6 PERIODE 7 PERIODE 8 PERIODE 9 PERIODE 10


Aktiwiteit 4 (vervolg) Aktiwiteit 4 (vervolg) Aktiwiteit 4 (vervolg) Aktiwiteit 4 (vervolg) Aktiwiteit 4 (vervolg)
• Leerders lees en skryf • Leerders gaan voort om • Leerders plaas hul • Leerders bied hul • Leerders bied plakkate
enige inligting wat materiaal vir hul prente en skryfwerk op plakkate een groep op ’n aan
uiteindelik ingesluit moet plakkaat voor te berei hul plakkate slag aan. Onderwyser
word, op hul plakkaat. (40 min ) help groepe om enige
• Leerders teken of vrae van die res van die
versamel prente vir hul klas te beantwoord.
plakkaat (40 min) (Onderwyser laat tyd toe
vir 2 groepe om in elke
periode aan te bied)

PERIODE 11 PERIODE 12 PERIODE 13 PERIODE 14 PERIODE 15


Aktiwiteit 4 (vervolg) Aktiwiteit 5 Aktiwiteit 5 (vervolg) Aktiwiteit 5 (vervolg) Aktiwiteit 6
• Leerders bied plakkate • Onderwyseres stel drie • Onderwyser en klas • Leerders skryf hul • Onderwyseres deel
aan verskillende bespreek toetsing en verslae prente uit en skryf vrae
• Leerders stal plakkate brandstowwe wat uit ru- vergelyking van die op die bord (10 min)
teen die klasmuur uit olie kom, bekend (5 min) brandstowwe (15 min) • Leerders bespreek die
• Leerders ontvang • Onderwyser skryf en prente en skryf
apparaat en bespreek vertaal enige antwoorde vir die vrae
hoe hulle die drie sleutelwoorde wat (15 min)
brandstowwe sal toets. leerders gebruik het toe • Leerders vul die tabel
Hulle maak ook hulle hul waarnemings oor die voor- en nadele
voorspellings (10 min) gedoen het (15 min) van verskillende vorme
• Leerders voer die toets • Onderwyser stel die van vervoer in (20 min)
uit en skryf hul verslagformaat bekend
waarnemings neer (30 en verduidelik wat van
min) leerders verwag word
(10 min)

PERIODE 16 PERIODE 17 PERIODE 18 PERIODE 19


Aktiwiteit 6 (vervolg) Aktiwiteit 6 (vervolg) Aktiwiteit 7 (vervolg) Aktiwiteit 8
• Leerders doen verslag aan die • Leerders voltooi die opsomming • Leerders voltooi die taakkaart • Leerders skryf ’n halwe bladsy
klas oor voor- en nadele (elke (10 min) oor “Die prys van brandstof” oor “Energie en die toekoms”
groep doen verslag oor een (40 min)
Aktiwiteit 7
vorm van vervoer) (25 min)
• Onderwyseres en leerders lees
• Klas orden die prente(5 min)
die artikel “Hoeveel kos ru-
• Onderwyser lees “Hernubare en olie?” (20 min)
nie-hernubare
• Leerders vind uit wat die prys
energiehulpbronne” (10 min)
per liter is van ander
brandstowwe wat uit ru-olie
kom (vir huiswerk)

28
Die brand van ’n kers
Aktiwiteit 2 Taakkaart vir fotostatering

1. Kyk na die brandende kers en gebruik hierdie vrae om dit met jou
groep te bespreek.

Vrae
• Wat het ’n kers nodig om te kan
brand?
• Wat gebeur wanneer ’n kers brand?
• Waarvandaan kry die kers sy energie?
• Watter soort energie kry ons as ’n
kers brand?

2. Vul die “Ek dink ...”-kolom in die tabel hieronder in.


3. Lees die leesstuk “Energie uit ’n brandende kers” op bladsy 6 om
antwoorde vir die vrae te kry.
4. Gebruik nou die korrekte inligting uit die leesstuk en vul die “Ek weet”-
kolom in die tabel in.

Die brand van ’n kers

Vrae Ek dink … Ek weet …

K Wat het ’n kers nodig


om te kan brand?

K Wat gebeur wanneer


’n kers brand?

K Waarvandaan kry die


kers sy energie?

K Watter soort energie kry


ons as ’n kers brand?

34
Vergelyk drie verskillende brandstowwe
Aktiwiteit 5 Taakkaart vir fotostatering

1. Stel die apparaat só op:

water water
gaas gaas water
gaas
driepoot
driepoot
driepoot
spiritus-
spiritus-
brander
brander
kers
paraffien spiritus

2. Vergelyk wat gebeur wanneer jy drie verskillende brandstowwe gebruik om


water te laat kook. Gebruik hierdie vrae om jou te help om jou waarnemings
te doen:
K Watter kleur is die vlam?
K Watter soort brandstof veroorsaak besoedeling? Watter soort
besoedeling word afgeskei?
K Watter soort brandstof laat die water die vinnigste kook?
3. Skryf jou waarnemings in die onderstaande tabel.

Vergelyk drie verskillende brandstowwe

’n Kers Brandspiritus Paraffien

35
5 Taakkaart vir fotostatering

Vergelyk drie verskillende brandstowwe


Aktiwiteit

Leerderskryftaak
1. Skryf ’n verslag waarin jy die drie verskillende soorte brandstof vergelyk.
Gebruik die hofies hieronder om jou te help.

Vergelyk drie verskillende brandstowwe


Wat ek oor die brandstowwe wou uitvind:

...............................................................................

Ek het voorspel dat. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

...............................................................................

Ek het die volgende gedoen om die soorte brandstof te vergelyk:

Eers . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

Toe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

Daarna ........................................................................

Laastens . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

Dit is wat ek oor die energie in die drie soorte brandstof uitgevind het:

Terwyl ek die toets gedoen het, het ek ook die volgende uitgevind:

Ek het uitgevind dat . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

...............................................................................
Ek het ook uitgevind dat

...............................................................................

Ek het ook uitgevind dat . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

....................................................................
Besprekingspunte
2. Bespreek hierdie vraag met jou groep nadat jy jou verslag geskryf het:
Dink jy ons het hierdie drie brandstowwe op ’n billike manier vergelyk?
Gee redes om jou antwoord te staaf. Besluit op maniere waarop jy die
vergelyking billiker sou kon doen.

36
Vervoer en brandstof
Aktiwiteit 6 Taakkaart vir fotostatering

Bekyk verskillende voertuie


1. Kyk na die prente van verskillende voertuie wat mense vir vervoer
gebruik.
2. Bespreek die vrae en skryf dan die antwoorde neer sodat julle verslag
aan die hele klas kan doen.
Besprekingsvrae:
K Watter soort energieverandering vind plaas wanneer hierdie voertuig
beweeg?
K Watter soort brandstof gebruik hierdie voertuig?
K Waarvandaan kom hierdie brandstof oorspronklik?
K Sal hierdie soort brandstof altyd as ’n energiebron beskikbaar wees?
Gee redes vir jul antwoord.
K Is dit goed of sleg vir die omgewing as ons hierdie soort brandstof
gebruik? Gee minstens twee redes vir jou antwoord.
3. Vul die tabel hieronder in.

Soort voertuig Voordele Nadele Watter soort brand- Gaan die brandstof
gebruik stof gebruik dit? altyd op aarde
beskikbaar wees?

Fiets

Motor (taxi)

Vissersboot

Vliegtuig

Perdekar

4. Doen verslag aan die klas oor een vorm van vervoer.
5. Rangskik die prente van die voertuie van die een wat die meeste
energie gebruik tot die een wat die minste energie gebruik. Skryf die
rangskikking neer
Die meeste energie tot die minste energie

37
7 Taakkaart vir fotostatering

Waarom kos brandstowwe geld?


Aktiwiteit

Leerderskryftaak
Die brandstofprys
Die prys van brandstowwe verander elke nou en dan omdat . . . . . . .
............................................................
............................................................
............................................................
............................................................
............................................................
............................................................
Brandstowwe is baie duurder as ru-olie. Waarom? Gee ten minste twee
redes.
Rede 1 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
............................................................
............................................................
............................................................
............................................................
............................................................
Rede 2 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
............................................................
............................................................
............................................................
............................................................
............................................................

ag
duurde nee ! dis
r as v
e
week! rlede

38
’n GIDStot

39
40
41
42
Imithombo yamandla ehlaziyekayo
nengahlaziyekiyo
I oli, amalahle negesi yimithombo yamandla endalo efunyanwa
kuqweqwe loMhlaba (Earth’s crust). Ngamanye amaxesha ibizwa
ngokuba yi oli eyifosili, kuba ifumaneka kumanqwanqwa amatye
asezantsi phantsi komhlaba kwaye yazenzekela ngokufa kwezityalo
nezilwanyana kwiminyaka eliwaka-waka eyadlulayo.

Akakho namnye owaziyo ukuba ingakanani na i oli,amalahle negesi


evela kuqweqwe lomhlaba. Siyisebenzisa le oli iyifosili ngamandla
kangangokuba iyaphela. Ngoko inkampani zemigodi zisoloko ngalo
lonke ixesha zifuna ukufumana indawo ezintsha ezinale oli yendalo.Zide
zikhangele nakwindawo ezinqabileyo, umzekelo: phantsi kolwandle.

Abenzululwazi bacinga ukuba ngenye imini,kungekudala siyakuze


sizifumanise siyisebenzise yonke le mithombo ye oli.Sithi i oli eyifosili
ngumthombo wamandla ongenakuhlaziywa. Oku kuthetha ukuba xa ezi
oli zisetyenziswe zonke asinakho ukufumana imithombo emitsha naphi
na.(kuba indalo iyakuthatha iminyaka eliwaka-waka ukwenza
enye.)Abenzululwazi bathekelela ukuba, ukuba siyaqhubekeka
ukusebenzisa le mithombo ngamandla njengoko sisenza ngoku, onke
amalahle ayakube ephelile ngonyaka wama-2085,ne oli iyakube iphelile
ngonyaka wama-2030.

Ikhona enye imithombo yamandla efumaneka kwindalo. Umzekelo,


singasebenzisa ukukhanya kwelanga ukukhulisa izityalo kwaye nathi
singafumana amandla xa sisitya ezi zityalo.Sityala izityalo ngalo lonke
xesha, ukuze ukutya okondla imizimba yethu kungapheli. sityala imithi
khon’ukuze singaphelelwa ziinkuni.Singabasa iinkuni ukwenza shushu
emakhaya Sithi ukutya neenkuni ezivela kwizityalo yimi thombo
yamandla ehlaziyekayo.Oku kungenxa yokuba singanakho ukufumana
ezinye iinkuni nokutya ngokuthi sityale.Ukukhanya nobushushu obuvela
elangeni,umoya namandla okubaleka kwamanzi yenye yemithombo
yamandla ehlaziyekayo.

43
Ixabiseke kangakanani I-Oli ekrwada?
Phantse onke amandla kwilizwe lonke avele kwifosili umz:amalahle.
• Inxalenye yamalahle isetyenziswa ekuveliseni umbane osuka
kwizikhululo zombane.
• Yonke Ii-oli ekrwada isetyenziswa ekuveliseni amafutha
ezithuthi,umz:ipetroli,idizili namafutha enqwelo-moya.

Ambalwa kakhulu amazwe apha ehlabathini athi abe nemveliso ye-


oli.La ngamazwe afana ne Saudi Arabia,iIrani,neNigeria.Abizwa
ngokuba ngamazwe avelisa i-oli nayithengisa kumazwe angaphandle-
OPEC (Oil Producing and Exporting Countries.) La ngamazwe
anemigodi ye-oli aze ajongane nokombiwa, ukuhanjiswa, kwa
nokuthengiswa kwayo kumazwe angena oli. Kumaxesha amaninzi
ithengiselwa amanye amazwe iyi oli engacolwanga ukuze wona la
mazwe azicolele ukuzenzela amafutha.

Xa edibene la mazwe eOPEC athi agqibe ngamaxabiso entengiso e-oli


ekrwada kwa nemayithengiswe .Ixabiso lisoloko lisaziwa ngokwexabiso
lebhareli yeDola yaseMerika.Umzekelo;ixabiso le oli ekrwada lingama
$25 ngebhareli, kodwa eli xabiso le oli ekrwada litshintsha mihla le,nje
kancinci kwilizwe jikelele ngokuxhomekeka okokuba kuthengiswe
kangakanani na kwaye ngawaphi na amzwe ayithengayo.

Ilizwe ngalinye elithenga le oli, lithi lihlawulele ukucolwa kwayo yenziwe


amafutha. Amanye amaxabiso ngala:

• Ixabiso lokuyijika le oli ibe zindidi zamafutha


• Ixabiso lokuwathatha nokuwasa la mafutha kubantu
abawasebenzisayo
• Ixabiso lokwakha izikhululo zeprtroli
Emva koko ilizwe ngalinye nalo longeza eyalo irhafu kwixabiso
lamafutha alo.Onke la maxabiso adityaniswa kwixabiso lamafutha
esiwathengayo.

Emzantsi Afrika amanye amaphepha (umz: The Star,Cape Times,


Mercury, nePretoria News) athi apapashe ixabiso le oli ekrwada rhoqo
ngosuku. Athi kwakhona apapashe ixabiso lezimbiwa ezibalulekileyo
ezinjenge Golide, iSilivere, neKopa.

44
Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

Bewegingsenergie Klankenergie Ligenergie Gestoorde energie Hitte-energie Elektriese energie

45

You might also like