You are on page 1of 48

’n Heletaal-benadering

in die
grondslagfase

© PSP 2009
’n Heletaal-benadering
in die
grondslagfase

Kursus geskryf en aangebied deur Viv Kenyon

In Afrikaans vertaal deur Ronél Gouws

Uitleg deur Welma Odendaal

Getting Foundation Phase Learners Writing and


Getting Foundation Phase Learners Reading, is ook by die PSP beskikbaar.

Die PSP verwelkom die gebruik van hierdie


materiaal met erkenning aan die PSP.
Inhoud
’n Heletaal-benadering in die Grondslagfase

Inleiding 1

Die gebruik van koerante vir heletaal-onderrig 4

Die gebruik van prente vir heletaal-onderrig 20

Die gebruik van liedjies en musiek vir heletaal-onderrig 34

Slot 42
Inleiding
Hierdie jaar het ons taalwerkswinkels by die PSP
op ’n heletaal-benadering tot taalleer en -onderrig
gefokus. Elke kwartaal was ons fokus op een van drie
maklik beskikbare hulpmiddels om in die primêre
klaskamer te gebruik. Ons het maniere voorgestel
waarop Grondslagfase-onderwysers hierdie
hulpmiddels kan gebruik om hulle leerders taal
op ’n sinvolle en funksionele manier te laat
gebruik.

Wat bedoel ons met heletaal-onderrig?


Wat is ’n heletaal-benadering? ’n Heletaal-benadering beteken dat ’n ’n Heletaal-benadering
mens seker maak dat leerders geleenthede kry om alle aspekte van beteken dat ’n mens
taal in elke leersituasie te gebruik en te ontwikkel. Dit beteken daar seker maak dat
word van leerders verwag om gedurende elke leerervaring te dink, leerders geleenthede
te luister, te praat, te skryf en te lees. Praat gebeur nie op sy eie nie.
kry om alle aspekte
Dit vind saam met luister, lees, skryf en dink plaas. Dit word
van taal in elke
doelbewus met dink, luister, skryf en lees geïntegreer.
leersituasie te gebruik
Hierdie benadering tot die leer en onderrig van taal het ontstaan uit en te ontwikkel.
’n kommer dat baie leerders met geskrewe taal sukkel wanneer hulle
dit op skool teëkom. Dit is waar selfs wanneer leerders heel
suksesvol geleer het om te praat, te luister en te dink.

1
Yetta en Kenneth Goodman het jong leerders en
hulle benadering tot leer binne en buite skole
dekades lank waargeneem. Hulle het daarop gewys
dat, wanneer jong leerders buite die skool leer, hulle
gou leer en met die doel om ’n spesifieke taak uit te
voer. In hierdie situasies is leer sinvol.

Die Goodmans stel voor dat ons die leerervaring in


skole sinvoller en meer doelgerig en funksioneel
moet maak. Hulle het gevind dat ons dit kan doen as
ons verskillende aspekte van taal integreer sodat
leerders taal as ’n geheel leer, net soos ons in die
werklikheid doen. As ons die verskillende aspekte
van taal skei en op slegs een op ’n slag fokus
(byvoorbeeld op spelling), is dit baie moeiliker om
die aktiwiteit sinvol te maak.

’n Heletaal-benadering Wat jy in hierdie boekie sal kry


moedig leerders aan om Jy sal vind dat die aktiwiteite en ervaringe wat ons in hierdie boekie
alle aspekte van taal te voorstel, vereis dat leerders alle aspekte van taal gebruik. In sommige
gebruik. gevalle sal leerders addisionele dinge leer – hulle kan byvoorbeeld op ’n
aspek van Sosiale Wetenskappe of Lewensvaardighede fokus. Ten
einde dit te doen, sal hulle egter dink, praat, luister, lees en skryf.
Wanneer jou leerders hierdie aktiwiteite uitvoer, sal hulle ’n heletaal-
benadering volg.

2
In sommige gevalle sal leerders addisionele dinge leer – hulle kan byvoorbeeld
op ’n aspek van Sosiale Wetenskappe of Lewensvaardighede fokus.

Hierdie boekie bestaan uit drie afdelings.


A Die eerste afdeling verskaf idees vir die gebruik van koerante
vir heletaal-leerervaringe.
A Die tweede afdeling stel maniere voor om prente te gebruik
om jou leerders te laat dink, praat, luister, skryf en lees.
A Die derde afdeling verskaf voorstelle vir maniere om musiek
vir heletaal-leer en -onderrig te gebruik.

Pare en klein groepies


In hierdie boekie stel ons dikwels voor dat jy jou leerders
aanmoedig om in pare of klein groepies te werk. Wanneer jy jou
leerders vra om saam met ’n maat te werk, sal jy vind dat al die
leerders ’n kans kry om te praat. Wanneer leerders in klein
groepies werk, kry hulle ook meer geleentheid om te praat as
wanneer hulle in groot groepe is.

As jy ernstig daaroor is oor om ’n heletaal-benadering in jou klas


te volg, sal jy jou leerders baie geleenthede moet gee om te praat,
te luister, te lees, te skryf en te dink. Een van die beste maniere
om dit te bereik, is om hulle in pare of klein groepies te laat werk.

3
1 Die gebruik van koerante
vir heletaal-onderrig
Al die aktiwiteite in hierdie afdeling behels
die gebruik van koerante of dele van
koerante. Ons is bewus daarvan dat
graad R’s en graad 1’s heel
waarskynlik nog nie koerante kan
lees nie. Ons verstaan egter ook dat
leerders weet dat koerante bestaan.
Gratis gemeenskapskoerante word
ook elke week by huise afgelewer.

Baie skole kry gedurende die


kwartaal gereeld eksemplare van
koerante soos Die Burger en Sunday
Times vir onderwysers om as ’n
hulpmiddel vir leer en onderrig te
gebruik. Al het ons nie enige spesifieke
koerante in ons werkswinkels gebruik
nie, kan onderwysers dele van koerante
vir verskeie van die voorgestelde
aktiwiteite gebruik.

By die werkswinkels waar ons op die


gebruik van koerante in Engels gefokus
het, het ons gevind dat die struktuur en
uitleg van die Cape Times duideliker as die
struktuur en uitleg van die Argus was. Ons
het ook Vukani, The Plainsman en Athlone Nuus – plaaslike
gemeenskapskoerante wat oor gemeenskapsake verslag doen –
gebruik.

Wat weet ons van koerante?


Alle grade
Jy kan dit met leerders in alle grade in die Grondslagfase doen. Selfs al
lees graad R’s nog nie, weet hulle dat mense skryf en lees. Dit is ook
baie belangrik dat hulle geleentheid kry om die woorde wat hulle sê in
druk te sien. Sulke ervaringe is belangrike lesse in ontluikende
(vormende) geletterdheid.

4
1
Wat jy nodig sal hê
Jy sal ’n groot vel papier (blaaibordpapier werk goed) en
kokipenne nodig hê. Skryf die woord “Koerante” in die
middel van die vel papier sodat jy dit later in ’n
spinnekopdiagram (of gedagtekaart) kan gebruik.

Stel die aktiwiteit bekend


Begin deur jou leerders informeel ’n groep om jou te
laat vorm. Vra dan: Wat is ’n koerant? Skryf die
leerders se reaksies op die gedagtekaart. Hier is
nog vrae wat jy kan vra om jou leerders te laat
dink aan wat ons in koerante kry, wie dit maak, en
waarom ons koerante koop.
A Wat is in ’n koerant?
A Waaroor is koerante?
A Hoe kom stories in die
koerant?
A Wie skryf die stories?
A Wie neem die foto’s?
A Hoe vind hierdie mense
uit wat gebeur?
A Waar kan jy koerante
koop?
A Hoeveel kos ’n koerant?
A Waar word dit gemaak
of aanmekaargesit?
A Wie koop koerante?
A Waarom koop mense
koerante?

5
1
A Waar begin jy lees wanneer jy ’n
koerant lees?
A Ken jy enigiemand wat koerante lees?
Wat lees hulle die graagste?
A Het jy al julle gemeenskapskoerant
gesien? Weet jy dat dit verniet is?

Dit is ’n voorbeeld van die inligting wat


Charlene Hans met haar graad 3-leerders
saamgestel het. Ons stel voor jy probeer
hierdie aktiwiteit met jou leerders. Ons
dink jy sal verbaas wees oor hoeveel jou
leerders weet – selfs die jongstes!

Kewerrit
Graad 2 en 3
Dit is ’n wonderlike aktiwiteit om graad 2- en graad 3-leerders die
leesvaardighede van vluglees en soeklees te leer. Hulle sal hierdie
VlUGleeS
lee &
leeS vaardighede later in hulle skoolloopbaan en ook in hulle lewens nodig
SOeKleeS
lee
leeS hê.
Ons vluglees ’n teks
(kyk gou daardeur)
Wat jy nodig sal hê
wanneer ons ’n idee wil Jy sal verskeie eksemplare van dieselfde uitgawe van ’n koerant nodig
kry van waaroor die teks hê. Dit maak nie saak of jy kies om ’n gemeenskapskoerant of ’n
is. Ons soeklees ’n teks dagkoerant te gebruik nie, maar jy moet seker maak dat jy ’n
wanneer ons ’n
eksemplaar vir elke groep leerders het.
spesifieke woord of
spesifieke inligting wil
Elke groep sal ook ’n stuk papier nodig hê om hulle antwoorde vir die
kry.
vrae neer te skryf. Elke groep sal ook afskrifte van die vrae nodig hê.

6
1
Stel die aktiwiteit bekend
Sê vir jou leerders dat jy ’n kompetisie gereël het. Sê jy gaan vir elke
groep ’n lys vrae gee en jy wil hê die hele groep moet die antwoorde vir
al die vrae help kry.
Gee dan aan elke groep ’n stuk papier en
verskeie afskrifte van die vrae. Verduidelik aan
jou leerders dat jy wil hê hulle moet die
antwoorde vir die vrae in die koerant soek. Sê
hulle moet die antwoorde gou soek. Hulle
moenie elke woord in die koerant lees nie.
Hulle moet net die woorde of prent wat die
vraag sal beantwoord, soek.

Demonstreer vluglees en soeklees


Demonstreer wat jy wil hê jou leerders moet
doen. Lees die eerste vraag hardop. Vra dan
jou leerders om te dink aan waar die antwoord
kan wees. Sal dit op die voorblad wees? Sal dit
op die agterblad wees? Of sal dit êrens in die
middel wees? Hou ’n eksemplaar van die
koerant op en wys die leerders hoe jy jou
vinger kan gebruik om vir ’n antwoord te help
soek. Beweeg jou vinger vinnig oor ’n bladsy.
Terwyl jy dit doen, lees jy enige woorde hardop
wat klink soos die woord of naam wat jy soek.
Wanneer jy die antwoord kry, skryf jy dit op
die bord.

Jy sal dalk voel jy wil al die vrae hardop lees


wanneer jy hierdie aktiwiteit die eerste keer
doen. Nadat jy elke vraag hardop gelees het,
gee jy jou leerders tyd om die antwoord te
soek. Moedig hulle aan om in hulle groepe te
bespreek waar die antwoord moontlik kan
wees. Al sal hierdie manier om die aktiwiteit te
doen langer neem, sal jy jou leerders
ondersteun terwyl hulle ’n koerant leer ken.

Gaan antwoorde na
Moedig jou leerders aan om gou saam te werk.
Sê dat wanneer hulle al die antwoorde gekry
het, hulle hul koerant netjies op hulle tafel
moet sit, en hulle hande moet opsteek. Gee jou
leerders genoeg tyd om die antwoorde te kry.
Moet egter nie wag tot almal se hande op is nie.

7
1
Wanneer jy voel dat die meeste van die leerders die
antwoorde gekry het, laat jy hulle ophou. Gee vir
elke tafel ’n kans om ’n vraag te beantwoord.
Moedig sommige van die minder vrymoedige
leerders aan om ’n antwoord te gee.
Elke keer wat ’n antwoord gegee word, kontroleer
jy met die hele klas dat hulle die korrekte antwoord
gekry het. Kyk saam met die hele klas in die
koerant.

Jy sal vind dat jou leerders die vrae moet lees. Hulle sal moontlik
bespreek (luister en praat) waar die antwoord kan wees. Dan sal hulle
die koerant vir die inligting moet vluglees en soeklees. Wanneer hulle
die inligting gekry het, sal hulle dit moet aanteken (skryf). En deur die
hele aktiwiteit sal jou leerders dink. Hulle sal by ’n heletaal-aktiwiteit
betrokke wees.

Die gebruik van koerantfoto’s


Daar is verskeie maniere waarop jy prente uit koerante in die klas kan
gebruik. In hierdie afdeling stel ons drie maniere voor.

8
1
Die gebruik van koerantfoto’s om stories op te maak
Alle grade
Wat jy nodig sal hê
Jy sal twee redelik groot koerantfoto’s nodig hê. Soek foto’s wat
wys hoe mense iets doen. Jy sal dalk deur verskeie koerante
moet kyk om foto’s te kry wat geskik vir jou leerders is en wat
hulle interessant sal vind. As jy die foto monteer en lamineer,
sal dit lank gebruik kan word. Jy hoef dit egter nie te doen nie.

Maak seker jy het groot velle blaaibordpapier en vetkryt of


kokipenne.

Stel die aktiwiteit bekend


Maak jou leerders om jou
bymekaar. Hou dan een van die
koerantfoto’s in die lug sodat
jou leerders daarna kan kyk.
Vra hulle om versigtig na die
prent te kyk. Vra hulle dan om
vir jou van die prent te vertel.
A Wat gebeur in die prent?
A Wat dink jy het gebeur voor
die foto geneem is?
A Wat dink jy het daarna
gebeur?

Probeer om sommige van die


stiller leerders te kry om iets

9
1
te sê. Jy sal dalk vind dit is nie die vlotste lesers in die klas wat prente
goed kan lees nie. Jy kan baie interessante vrae oor elke foto vra.

Wys dan die volgende


koerantfoto en laat
jou leerders daardie
prent op dieselfde
manier bespreek.
Verduidelik aan jou
leerders dat jy wil hê
hulle moet jou help
om ’n storie oor een
van die prente op te
maak. Vra hulle om
een van die prente te
kies. Vra: Watter foto
is regtig interessant
vir jou? Waarom?

Gedeelde skryfwerk
Wanneer jou leerders konsensus bereik het oor die foto waarmee hulle
wil werk, vra jy jou leerders om jou met die begin van die storie te
help.
A Wat gebeur in die prent?
A Wat doen die mense?
A Wat sal ’n goeie manier wees om die storie te begin?

Skryf die idees neer soos wat die leerders dit noem. Probeer om
presies te skryf wat jou leerders sê. Dit is veral belangrik as jy
met graad R’s of graad 1’s werk. Hulle sal onthou wat hulle gesê
het. Dit is ’n belangrike stadium wanneer hulle leer lees. Nadat
jy elke sin geskryf het, laat jy jou leerders dit hardop lees, en,
saam met jou, al die sinne wat hulle gedikteer het en jy
neergeskryf het.

’n Kans om te redigeer
Wanneer die storie klaar is, lees jy dit hardop vir jou leerders net
asof jy die storie vertel. Lees op ’n natuurlike manier. Moenie
woord vir woord lees nie. Probeer om in sinsdele te lees, net soos
ons praat. Vra jou leerders of daar enigiets is wat hulle wil
verander. Op hierdie manier lei jy hulle in in die proses waardeur
’n skrywer gaan wanneer sy of hy ’n artikel of ’n boek skryf.

10
1
Wanneer die storie klaar is, kan jy besluit of jy ’n Groot Boek daarvan
wil maak. Dan kan jou leerders prente teken om die teks te illustreer.

Wanneer jy dit ’n paar keer gedoen het, sal jy dalk vind jy moet meer
as twee prente kry om met jou leerders te bespreek. Jy ken jou
leerders die beste en sal weet wat geskik vir jou en jou klas is.

Graad 2’s en
graad 3’s
As jy met graad 2’s en graad 3’s
werk, kan jy vir elke paar
leerders of klein groepie twee of
drie kleiner koerantfoto’s gee.
As jy baie prente het, kan jy
selfs vir elke groep vier of vyf
foto’s gee om mee te werk. Jy
kan die koerantfoto’s in ’n
koevert sit, met instruksies vir
die leerders om te lees. Dan kan
hulle een foto kies om mee te
werk om saam ’n storie te skep.
Later, wanneer hulle stories
klaar is, kan hulle dit hardop vir die res van die klas lees.

Pas foto’s en onderskrifte bymekaar


Graad 2 en 3
Wat jy nodig sal hê
Jy sal baie koerantprente vir
hierdie aktiwiteit nodig hê. Jy
sal minstens vyf prente vir
elke paar of groep nodig hê.
Maak seker dat jy die
onderskrifte afgeknip het.
Hou egter die onderskrifte en
sit dit in die koevert saam met
die foto’s. Ons stel voor dat jy
instruksies buite op skryf selfs
as jy voel dat jou leerders dit
nie sal kan lees nie. Dit is deel
daarvan om ’n ryk leesomgewing te
skep – daar is oral skrif!

11
1
Stel die aktiwiteit bekend
Gee vir elke groep of paar ’n koevert
met verskeie koerantfoto’s daarin. Vra
jou leerders om die prente een vir een
uit te haal en noukeurig na elkeen te
kyk. Laat hulle dan die onderskrifte
uithaal en lees. Vra hulle dan om die
onderskrifte by die prente te pas.

Wanneer jy sien dat die meeste


leerders hulle onderskrifte by hulle
prente gepas het, kan elke paar of
groep hulle prente wys en die
onderskrifte lees.

GEE KRAG: Mielieverkope


r Salina Moekeng
inspekteer ’n kam onder ’n Esk
om-mas in Germiston.
Moekeng se landelike tuiste in
Frankfort in die
Vrystaat het nie elektrisiteit nie.

r die Kaaimansrivierpas
E PA S: Ve rke er het gister vrylik deu isterde
PA SL IK rweeg om die vloedgete
loe i ter wy l die nas ionale regering dit oo
gev verklaar.
liteit ’n rampgebied te
Eden-distrikmunisipa

SONDER HOOP: ’n Somaliese meisie gee haar suster kos by die Dadaab-
vlugtelingkamp in die noorde van Kenia vroeër die maand.
BRIAN BALOYI
: Kaïro-nagmerrie

KAN DOEN: Mod


erne tegnologie he
die gewone Castrol t township-kitaars
GTX-oliekan en vis bereik. In plaas va
lyn, speel Sean May n
elektriese weergaw , 21, die moderne
e in Kerkstraat.

12
1
Werk met koerantopskrifte
Graad 1 tot 3
Koerantopskrifte is ’n belangrike deel van koerante. Daar is verskeie
maniere waarop jy daarmee kan werk. Hier volg ’n paar maniere.

p ve rwag
Swaer neerslae word in Oos-Kaa
345 pilgrims die on hajj
Big stink in Stilbaai over raw sewage in ri
ver
Kersfees kom vroeg
in Oceanview
e d fr o m h o m e s a s a tt acks by
People dragg bique
Ta n z a n ia a n d M o z a m
lions rise in
Vrou het dalk
Hele SA vere breinskade ná
nig
vir eindstryd slangbyt

Garden route N2 collapsing


s e e r t o e d a k
Veertien be ay intuimel
va n P i c k ’ n P

Wat jy nodig sal hê


Jy sal ’n onlangse koerant, blaaibordpapier (of
koerantpapier) en vetkryt, kokipenne of kryt en ’n bord
nodig hê. Gaan self deur die koerant voor jy met jou klas
daarmee werk. Kies ’n paar koerantopskrifte wat jy voel
geskik vir jou leerders is en waarmee julle kan werk.

13
1
Stel die aktiwiteit
bekend
Maak jou leerders
informeel om jou
bymekaar. Ons stel
voor dat jy nie
Grondslagfase-
leerders by hulle
banke laat sit nie.
As hulle in ’n
halfsirkel om jou
sit, sal jy hulle
aandag beter kan
hou. En as hulle
redelik na aan jou
sit, sal hulle
makliker hulle
gedagtes en idees
met jou deel sonder
oom bang te wees
dat hulle die
verkeerde ding sê.

Bespreek koerantopskrifte
Wys die koerant vir die leerders
en lees een van die koerant-
opskrifte vir hulle. Vra hulle wat
hulle dink dit beteken. Bespreek
die koerantopskrif met die klas.
Waaroor is die storie, dink hulle?
Skryf die leerders se idees op die
blaaibordpapier of op die bord.

Vra jou leerders dan om prente te


teken om die storie wat by die
opskrif pas, te illustreer. Wanneer
jy voel dat hulle noukeurig aan
hulle prente gewerk het, stal jy
dit saam met die koerantopskrif
in die klas uit.

14
1
Verdeel koerantopskrifte
Graad 3
Wat jy nodig sal hê
Gaan deur ’n klompie koerante en soek koerantopskrifte wat jy dink
geskik vir jou leerders is. Knip die opskrifte versigtig uit. Jy sal WenK
genoeg nodig hê sodat elke paar of klein groepie leerders minstens Selfklewende
vyf koerantopskrifte kan hê. Jy sal ook ’n koevert vir elke stel koerant- plastieksakkies is ’n
goeie alternatief vir
opskrifte nodig hê.
koeverte. Dit is wel
duur, maar hou langer.
Knip elke stel koerantopskrifte in twee. Sit die stukke in ’n koevert.
Maak seker jy doen dit met elke stel koerantopskrifte. Jy sal op elke
koevert instruksies vir die leerders moet skryf.
Byvoorbeeld:
A Haal die stukke van die koerantopskrifte uit die koevert.
A Werk saam met ’n maat en kyk na al die stukke van die
koerantopskrifte.
A Lees die stukke.
A Pas die stukke bymekaar om ’n goeie koerantopskrif te maak.
A Gesels met jou maat oor die storie wat by hierdie koerantopskrif
pas.
A Skryf die storie (of teken ’n prent wat by die koerantopskrif pas).
A Jy kan hierdie aktiwiteit vir jonger leerders aanpas en dit ’n
gedeelde skryf-aktiwiteit maak.

Flawless
Bokke speel Farouk Ra
S p
ce to
v o n tu r e v a n a a r krag,
Die a
’n Spaanse prinse e d up
of dis nag s fi r

h e t d a lk b r e in s k a d e h u l le harte ui
Vrou t
e b l a c k o u ts
Nationwid b e r
c l i m
save City
on the cards
ná slangb
yt
15
1
Koerantopskrifte en stories
Wat jy nodig sal hê
Gaan deur ’n klompie koerante en soek koerantopskrifte wat jy dink
geskik vir jou leerders is. Knip die opskrifte versigtig uit. Jy sal genoeg
nodig hê sodat elke paar of klein groepie leerders minstens drie
koerantopskrifte kan hê. Jy sal ook ’n koevert vir elke stel koerant-
opskrifte nodig hê. Sit elke stel koerantopskrifte in ’n koevert. Jy sal op
elke koevert instruksies vir die leerders moet skryf.

The adventures of Flawless


of dis nag Farouk
Bokke speel Race to
an Afghan princess u p
fir e d
Spaar krag,
hulle harte
Vro u h e t d a lk b r e in s k a d e uit
b l a c k o u t s
Nationwide ity save C climber
ná slangb on the cards
yt

Byvoorbeeld:
A Kyk saam met ’n maat na die koerantopskrifte.
A Kies een koerantopskrif.
A Gesels oor wat julle dink die storie agter die koerantopskrif is.
Waarom dink julle is hierdie storie in die nuus?
A Skryf saam die storie wat by die koerantopskrif pas.
A Teken ’n prent wat by jul storie pas.

16
1
Weerinligting
Graad 3
Wat jy nodig sal hê
Jy sal vir hierdie aktiwiteit inligting oor die weer
moet soek. Ons het gevind dat die inligting in die
gratis plaaslike gemeenskapskoerante baie
eenvoudig en duidelik is. Hierdie koerante gee die
verwagte maksimum temperatuur vir drie of vier
dae. Hulle gebruik simbole om te wys watter soort
weer vir daardie drie of vier dae verwag word. Die
windrigting en die tyd van hoog- en laagwater
word ook gegee.

Die Burger verskaf ook ’n baie leesbare


weervoorspelling. Daar is ’n kaart met
verskeie plekke in die Wes-Kaap daarop.
Simbole op die kaart dui die verwagte weer
en minimum en maksimum temperatuur vir hierdie plekke vir
daardie dag aan. ’n Afsonderlike tabel gee die verwagte weer
en temperatuur vir die volgende drie dae.

Jy mag dalk voel dat van die inligting in Die


Burger te moeilik vir jou leerders is,
maar jy sal weet wat jou leerders kan
hanteer. Jy kan ook die
weervoorspelling in Die Burger
gebruik sodat jou leerders spesifieke
inligting kan soek en lees.

Berei voor vir die aktiwiteit


Jy sal genoeg afskrifte van die
weervoorspelling nodig hê sodat elke
paar of klein groepie een kan hê. Jy kan
verskillende dae se weervoorspelling
gebruik. Gebruik ’n maklik leesbare
weervoorspelling uit een koerant (uit ’n
dagkoerant soos Die Burger of uit
plaaslike gemeenskapskoerante). Knip
die weervoorspelling uit. Stel vrae op
wat jy aan jou leerders kan gee wat hulle
sal aanmoedig om te dink, te praat en na
mekaar te luister, en dan te lees en te
skryf oor wat hulle vind.

17
1
Stel die aktiwiteit bekend
Hier is ’n paar vrae gebaseer op die
weervoorspelling in Die Burger wat ons voel
geskik vir Grondslagfase leerders is.
A Wat is die verwagte maksimum
temperatuur in Kaapstad?
A Wat is die minimum temperatuur?
A Hoe gaan die weer in Worcester wees?
A Hoe laat is dit hoogwater in Tafelbaai?
A Hoe laat is dit laagwater?
A Hoe help dit ons om te weet hoe die weer
gaan wees?
A Vir watter mense is dit belangrik om te
weet hoe die weer gaan wees? Waarom?

Brei die aktiwiteit uit


As elke groep ’n verskillende dag se inligting
het (of selfs inligting van verskillende tye van
die jaar), kan jy die verskille tussen die
leerders se antwoorde bespreek. Jy kan ook
bespreek watter tyd van die jaar die soort
weer in hulle weervoorspelling voorkom. Jou
leerders kan selfs geïnspireer word om hulle
eie weervoorspelling vir die volgende dag,
week of maand op te stel. Moedig die leerders
aan om dieselfde simbole as in die koerant te
gebruik.

18
1
TV-inligting
Graad 2 en 3
Nog ’n bron van
inligting wat in
naweek- en
dagkoerante
verskyn, is die
TV-program. Ons
het gevind dat
wanneer leerders in
iets belangstel,
hulle dit geniet om
daaroor te praat, te
lees en te skryf.

Stel die aktiwiteit bekend


Jy kan begin deur ’n bespreking met jou
leerders te hê oor die TV-programme waarna
hulle graag kyk. Selfs leerders wat nie ’n
televisiestel tuis het nie, kry dikwels ’n kans
om TV te kyk. In dagkoerante verskyn die
dag se TV-program, terwyl naweekkoerante
dikwels die week se program verskaf. Jy sal
moet kies wat geskik vir jou leerders is.
Plaaslike gemeenskapskoerante gee nie
gewoonlik hierdie inligting nie.

Wat jy nodig sal hê


Jy sal genoeg afskrifte van die TV-program
vir elke paar of klein groepie leerders in jou
klas nodig hê. Stel vrae vir die leerders op.
Probeer om ’n stel vrae op te stel wat vir
enige TV-program sal werk. Stel egter vrae
op wat jou leerders sal aanmoedig om te dink,
om met mekaar te praat, om te lees en om
te skryf.
Hier is ’n paar vrae wat ons voorstel:
A Wat is jou gunsteling-program?
A Waarom hou jy daarvan?
A Op watter dag verskyn dit op TV?
A Hoe laat?
A In watter taal is die nuus op SABC 1 om 17:00?

19
2 Die gebruik van prente vir
heletaal-onderrig
Prente is ’n wonderlike hulpmiddel vir Grondslagfase-
onderwysers reg oor die kurrikulum heen.
Ons moedig alle
Grondslagfase-onderwysers
aan om prente bymekaar te
maak. Jy sal prente in
koerante, tydskrifte en op
allerhande ander plekke vind.
Die Early Learning Resource
Unit (ELRU) in Lansdowne
het vyf stelle prente, met tien
verskillende prente in elke stel.
Elke stel het ’n tema.
Die temas is:
A Huise
A Gesinne en families
A Vervoer
A Werk
A Speel.

Die stelle prente word teen ’n billike prys


verkoop en sluit aan by die lewenservaringe
van baie van die leerders in ons land.

Ons het Ruth Versfeld


elRU-ADReS
e
eS gevra om van die idees
Die adres van die early
met ons te deel wat sy
learning Resource Unit gebruik om
is: onderwysers en
leerders oor prente te
Flamingosingel 19
laat lees, praat en
lansdowne 7789
skryf. Hierdie
Kaapstad aktiwiteite is by ons
Suid-Afrika werkswinkels
Tel: 021 762 7500 aangebied en
onderwysers wat dit
Faks: 021 762 7528
bygewoon het, het dit
e-pos: info@elru.co.za
met hulle leerders
www.elru.co.za gedoen.

20
2
Die stel van vrae
Baie dikwels stel onderwysers vrae en verwag dan dat hulle leerders
die antwoorde moet gee. In hierdie aktiwiteit sal jou leerders ’n kans
kry om te dink aan watter vrae hulle het.

Werk met graad R’s of graad 1’s


Wat jy nodig sal hê
As jy graad R of graad 1 onderrig, sal jy hierdie aktiwiteit
met ’n groep of die hele klas moet doen sodat jy vir jou
leerders kan skryf. Jy sal verskeie groot prente of foto’s
nodig hê. Soek prente of foto’s wat jou leerders sal
interesseer. Prente van mense net na of net voor hulle
iets doen, kan baie nuttig wees. Prente van ongewone
dinge kan ook nuttig wees. Jy ken jou leerders en jy sal
weet wat met hulle sal werk.

Jy sal blaaibordpapier of koerantpapier en


vetkryt of kokipenne nodig hê. Jy sal dit
ook nuttig vind om lang stroke papier en
iets om op te druk te hê. Jy sal jou
leerders se vrae op hierdie stroke papier
neerskryf.

Knip die prente noukeurig uit. As jy


dit in die toekoms weer wil gebruik,
kan jy dit lamineer om dit te
beskerm en langer te laat hou.

21
2
Stel die aktiwiteit bekend
Maak jou leerders om jou op die mat
bymekaar of laat hulle hul stoele voor in die
klas naby die bord kom sit. Jy wil hê almal
moet die prente kan sien. As hulle by hulle
eie tafels sit, sal hulle sukkel om te sien en
sommige sal nie die prente kan sien nie.

Wys die prente een op ’n slag. Moet nog nie


die prente bespreek nie. Laat jou leerders
net kyk. Hulle sal ’n rukkie nodig hê om na
elkeen te kyk. Wanneer hulle ’n kans gehad
het om na al die prente te kyk, sê jy hulle
moet op net een prent besluit. Al is graad R’s
en graad 1’s nog jonk, kan jy hulle aanmoedig
om te stem. En al kan hulle vir meer as een
prent stem, is dit belangrik dat hulle leer hoe
om te stem en hoe om konsensus te bereik.

Stel vrae
Wanneer die klas een van die prente gekies het,
plak jy dit met wondergom in die middel van ’n
vel blaaibordpapier of op die
bord. Laat die leerders dan oor
die prent praat. Gee jou
leerders tyd om die prent
goed te bespreek. Wanneer
hulle kommentaar gelewer
het op wat hulle kan sien en
wat hulle van die prent dink,
vra jy hulle wat hulle nog van
die prent wil
weet. Moedig
hulle aan om aan
interessante vrae
waarvan hulle
nie die
antwoorde ken
nie, te dink.

22
2
Vra:
A Wat dink jy dink of sê die mense in
die prent?
A Wat sal jy graag aan daardie mens
wil vra?
A Wat sal jy graag wil weet?

Al sal dit aanvanklik tyd neem, sal die


leerders aan vrae dink wanneer hulle
begin verstaan wat jy van hulle
verwag. En hoe meer vrae hulle vra,
aan hoe meer vrae sal hulle dink. Een
vraag sal iemand anders aan ’n ander
vraag laat dink.

Vrae
Skryf elke vraag duidelik op ’n strokie papier neer.
Plak dit dan met wondergom vas sodat een punt aan
die prent raak. Wanneer jy verskeie vrae
neergeskryf het en op jou leerders se vrae geplak
het, sal dit min of meer só lyk!

Wanneer jy redelik baie vrae neergeskryf het, laat


jy jou leerders aan moontlike antwoorde vir hulle
vrae dink. Jy kan dit vir elke vraag doen, of jy kan ’n
paar vrae kies om mee te werk. Moedig hulle aan om
redes te gee vir die antwoorde wat hulle voorstel.

Werk met graad 2’s en


graad 3’s
Stel die aktiwiteit bekend
As jou leerders in graad 2 of 3
is, sal hulle in staat wees om
hulle eie vrae neer te skryf,
veral as hulle in pare of klein
groepies werk. Wanneer jy
hierdie aktiwiteit aan jou graad
2’s of graad 3’s bekend stel, stel
ons egter voor dat jy eers die
aktiwiteit met die hele klas
doen. Volg dan die riglyne wat
ons vir onderwysers van graad
R’s of graad 1’s voorstel.

23
2
Kies prente
Wanneer jou graad 2’s of 3’s
verstaan wat jy van hulle
verwag, kan jou leerders in klein
groepies werk. Jy sal sommer
baie prente nodig hê. Probeer
om genoeg te hê sodat jy vir
elke groep drie of vier prente
kan gee om van te kies. Hulle sal
konsensus moet bereik oor met
watter prent hulle wil werk. Gee
hulle ’n beperkte hoeveelheid
tyd om net een prent te kies.
Gee hulle dan ’n groot vel papier,
vetkryt en wondergom.

Stel vrae
Sê dan vir die leerders dat jy wil hê hulle moet dink aan al die vrae wat
hulle wil vra oor die prent wat hulle gekies het. Moedig hulle aan om
aan interessante vrae waarvan hulle nie die antwoorde ken nie, te dink.
(Byvoorbeeld, jy wil nie hê hulle moet vra hoeveel mense in die prent is
nie tensy daar baie mense is.) Jy wil hê hulle moet dink aan vrae wat
hulle later kan bespreek.

Uitbreidingsaktiwiteit
Wanneer graad 3-leerders
hierdie aktiwiteit verskeie keer
gedoen het, kan jy die aktiwiteit
uitbrei deur pare of klein
groepies te vra om prente en
vrae uit te ruil. Dan moet ’n paar
of groep ’n ander groep se vrae
beantwoord. Dit is nogal
uitdagend en is ’n goeie manier
vir leerders om te sien hoe
belangrik dit is om noukeurig oor
hulle vrae te dink. Het hulle die
vrae duidelik genoeg gestel sodat
almal dit kan verstaan? Kan hulle
hul vrae eenvoudiger stel?

Jy sal vind dat hierdie aktiwiteit vereis dat leerders moet lees (prente),
dink, praat en luister, nog dink, skryf, lees wat hulle geskryf het, nog
dink, stukkies herskryf, weer lees, nog dink, ensovoorts. Dit is ’n lang
proses. En dit betrek alle aspekte van taal!

24
2
Gesnyde prente
Alle grade
Wat jy nodig sal hê
Soek goeie foto’s wat relevant tot jou leerders
se lewens en ervaringe is. Swart-wit foto’s is
in orde. Jy sal die prente versigtig moet kies.
En jy sal minstens 20 prente moet kry. Jy wil
hê die leerders moet op hul eie aan ’n prent
werk. Maak ook seker dat nie meer as twee
of drie leerders met dieselfde prent werk nie.

Maak dan ’n oorspronklike van elke prent.


As jy ’n oorspronklike het, kan jy dit hou en
dit ’n volgende jaar weer met ’n ander groep
leerders gebruik.

Maak seker dat jy omtrent die helfte van die prent


toemaak voor jy die oorspronklike maak. Dit is baie
belangrik, want jy gaan jou leerders vra om die
ontbrekende deel te teken.

Stel die aktiwiteit bekend


Ons het gevind dat dit goed werk as jy jou leerders eers wys wat jy
wil hê hulle moet doen. Jy sal ’n groot prent nodig hê sodat al die
leerders dit duidelik kan sien. Kies ’n verskillende een van dié wat
jy gekopieer het. Plak die prent op die bord en maak jou leerders
om jou bymekaar. Bespreek die prent met hulle. Vra:
A Wat kan julle in die prent sien gebeur?
A Wat doen die mense?
A Waar is hulle?

25
2
Laat jou leerders dit so goed moontlik beskryf, maar moenie te lank
neem nie. Dit is net die inleiding tot die aktiwiteit!

Demonstreer die taak

Maak dan ’n deel van die prent met ’n stuk


papier toe. Sê vir jou leerders dat jy vir
elke leerder ’n prent met ’n ontbrekende
deel gaan gee. Verduidelik dat jy wil hê
hulle moet al die ontbrekende dele teken.
Vra dat hulle regtig goed na die prent kyk
sodat hulle goed kan raai wat nie daar
is nie. Sê hulle moet al die ontbrekende
dele teken.

Gee jou klas tyd om noukeurig na hulle


prente te kyk. Hulle tekeninge sal bewyse
verskaf van hoe goed hulle waargeneem
het. Terwyl hulle werk, kan jy van groep
tot groep beweeg en waarneem hoe hulle
werk.

Deel hulle tekeninge


Wanneer jy sien dat verskeie leerders klaar
geteken het, vra jy die res van die klas om
hulle tekeninge klaar te maak. Laat elke
leerder dan haar of sy tekening met ’n maat
deel. Hulle kan óf hulle prente uitruil, óf
hulle kan hulle voltooide prente vir
mekaar beskryf.

26
2
Ons stel voor dat jy verskeie van hierdie tekeninge
teen jou klaskamermuur opplak. Maak ’n
aantekening van die name van die leerders wie
se werk jy uitstal. Wanneer jy dan weer werk
opplak, kan jy ander leerders se werk kies sodat
al jou leerders voel dat hulle waardeer word.

Laastens wys jy jou leerders die volledige


weergawe van elke foto of prent sodat hulle kan
sien hoe na hulle aan die oorspronklike prent
gekom het.

Spraak- en gedagteborrels
Graad 2 en 3
Wat jy nodig sal hê
Jy sal baie prente vir hierdie aktiwiteit
nodig hê. Jy kan swart-wit of volkleurprente
gebruik. Maak seker jy het genoeg prente
sodat elke paar of groep van drie leerders
een prent kan kry.

Stel die aktiwiteit bekend


Begin deur aan jou leerders te wys wat jy
wil hê hulle moet doen. Moenie net op
mondelinge instruksies staatmaak nie. Kies
’n groot prent wat jy nie aan die leerders sal
gee om te gebruik nie. Maak jou leerders
om jou bymekaar en bespreek die prent met
hulle. Vra hulle om vir jou te sê wat hulle
dink die belangrikste mense in die prent
sê of dink.

Demonstreer die aktiwiteit


Wanneer die leerders voorstelle maak,
skryf jy wat hulle sê in ’n spraakborrel
of ’n gedagteborrel. Plak die spraak- of
gedagteborrel dan met ’n stukkie
wondergom langs die mens wat dit sê of
dink. Doen dieselfde met die ander
mense in die prent. Die leerders kan
ook hulle eie spraakborrels teken nadat
jy hulle geleer het om dit te doen.

27
2
Werk onafhanklik
Daarna gee jy vir elke paar leerders (of klein groepie) ’n prent. Vra
jou leerders om die prent wat jy vir hulle gegee het te bespreek. Vra
hulle om te dink aan wat die mense in die prent dink of sê. Gee hulle
tyd. Dit is ’n belangrike deel van die aktiwiteit. Hulle moet dink en
praat voor hulle skryf.

GROOT bOeKe Beweeg in die klas rond terwyl die leerders praat en gee elke paar of
Ons kollega Marlene klein groepie verskeie spraak- en gedagteborrels. Sê vir jou leerders
Rousseau werk met hulle moet in die spraakborrels skryf wat hulle dink die mense in hulle
onderwysers in die prent sê. As hulle nie dink die mense in hulle prent praat nie, moet
Plettenbergbaai-
hulle in die gedagteborrels skryf wat hulle dink die mense dink.
omgewing. een
onderwyseres het prente
Wanneer die leerders klaar geskryf het wat hulle dink die mense dink
met haar leerders
bespreek en saam stories en sê, laat jy elke paar of klein groepie vir die res van die klas vertel
geskep. Die onderwyseres wat hulle dink die mense in hulle prent dink of sê.
het haar graad 1’s baie
vrae gevra en toe haar Op hierdie manier sal jou leerders dink, praat en luister, en skryf en
leerders se idees in groot lees. Hulle sal betrokke by ’n heletaal-leerervaring wees.
spraakborrels neergeskryf.
Toe het hulle verskeie
GROOT bOeKe gemaak.

28
2
Die skryf van onderskrifte
Wat jy nodig sal hê
Vir hierdie aktiwiteit sal jy prente nodig hê
wat jou leerders interessant vind en wat
geskik en relevant vir hulle belangstelling
en ervaring is. As jy met graad 2’s en 3’s
werk, sal jy minstens een prent vir elke
groep nodig hê. As jy met graad R’s of
graad 1’s werk, sal jy net ’n paar groot
prente nodig hê.

Met graad R’s en graad 1’s


Kies prente wat jou leerders interessant sal
vind. Maak seker dat daar minstens twee of drie
mense in die prent is. Jy sal prente moet kry wat jou
leerders sal laat dink en praat. Jy sal ’n groot kokipen
of ’n dik stuk vetkryt en lang stroke papier nodig hê.
Maak seker dat jy ook wondergom het.

Stel die aktiwiteit bekend


Maak jou leerders om jou op die mat bymekaar of
laat hulle hul stoele voor in die klas naby die bord
kom sit. Jy wil hê almal moet die prente kan sien.

Hou een van die prente in die lug op of plak dit op


die bord. Vra jou leerders om aandagtig na die
prent te kyk. Moedig hulle aan om oor die prent te
praat.

29
2
A Wat gebeur in die
prent?
A Wat doen die
mense?
A Wat dink jy dink
hulle?
A Wat dink jy voel
hulle? Waarom?
A Wat dink jy het
gebeur voor die
foto geneem is?
A Wat dink jy sal
volgende
gebeur?
Skryf onderskrifte
Wanneer jy voel dat die leerders die meeste van wat
sigbaar in die prent is, gedek het, verduidelik jy dat prente
soms onderskrifte het. ’n Onderskrif verskyn onder of
langs ’n prent en som op wat in die prent gebeur of
waaroor dit is. Vra jou leerders om te dink wat jy as ’n
onderskrif vir hierdie prent moet skryf. Skryf elke
voorstel op ’n strook papier. Herhaal die woorde wat die
leerder voorgestel het terwyl jy die onderskrif skryf.
Plak dit dan naby die prent op. Lees die onderskrif weer
op ’n natuurlike manier, net soos ’n mens praat.

Wanneer julle verskeie onderskrifte het, lees


julle dit weer. Lees weer daardeur en moedig
jou leerders aan om die onderskrifte saam met
jou te lees. Jy kan jou leerders dan vra om die
onderskrif te kies wat hulle dink die beste by
die prent pas.

30
2
Werk met Graad 2’s en graad 3’s
Wat jy nodig sal hê
Jy sal nogal baie prente sonder onderskrifte vir hierdie aktiwiteit nodig
hê. Jy sal minstens een prent vir elke paar of klein groepie nodig hê.
Maak seker dat daar minstens twee of drie mense in elke prent is. Jy
sal prente moet kry wat jou leerders sal laat dink en praat.

31
2
Stel die aktiwiteit bekend
Die eerste keer wat jy jou leerders aan onderskrifte vir prente laat
dink en dit skryf, volg jy die riglyne vir werk met graad R’s of
graad 1’s. Sodoende sal jy dit demonstreer en jou leerders ’n kans
gee om te verstaan wat hulle moet doen.

Werk onafhanklik
Wanneer hulle weet wat hulle moet doen om ’n onderskrif te skryf, kan
hulle onafhankliker werk. Gee vir elke paar of klein groepie ’n prent.
Vra jou leerders om aandagtig na hulle prente te kyk en saam daaroor
te praat. Vra hulle dan om gou hulle idees vir geskikte onderskrifte
neer te skryf. Hulle hoef nie nou bekommerd oor hulle handskrif,
spelling en grammatika te wees nie. Jy wil net hê hulle moet skryf.
Hulle kan op herwinde papier of in ’n klaswerkboek skryf.

Wanneer hulle hul idees neergeskryf het, gee jy vir elke klein groepie
’n paar stroke papier om hulle onderskrifte netjies neer te skryf. Sê
dan hulle moet die een kies wat die beste by die prent pas. Anders kan
die ander leerders voorstel watter onderskrif hulle dink die beste by
die prent pas wanneer hulle hul prente en onderskrifte met die res van
die klas deel.

Skinderkliniek
Alle grade
Wat jy nodig sal hê
Vir hierdie aktiwiteit sal jy verskeie prente nodig hê wat jy nog nie
tevore met jou leerders gebruik het nie. Jy het prente nodig wat hulle
nie ken nie. Al die prente moet oor dieselfde onderwerp wees.

32
2
Stel die aktiwiteit bekend
Sê vir jou leerders julle gaan ’n speletjie speel. Vra
omtrent ses leerders om vrywilligers te wees en uit
die klas te gaan. Sê dan vir die res van die klas dat
julle saam baie noukeurig na ’n prent gaan kyk. Jy
kan óf self een van die prente kies, óf jy kan jou
leerders laat kies.

Laat jou leerders oor die prent praat. Vra die


leerders in die klaskamer om jou te help om die
prent wat julle gekies het te beskryf. Verduidelik
dat jy die prent later gaan wegsit.

Berskryf die prent


Vra dan een van die leerders buite die klas om weer
terug te kom. Vra jou klas om die prent wat hulle
bespreek het te beskryf. Sê vir die leerder sy of hy
moet aandagtig na hulle bespreking luister. Moenie
die prent vir hierdie leerder wys nie. Vra dan nog ’n
leerder om terug klas toe te kom. Vra die eerste
leerder wat teruggekom het om vir die tweede
leerder te sê wat aan hom of haar vertel is. Vra dan
die derde leerder om terug te kom. Vra die tweede
leerder wat teruggekom het om te herhaal wat aan
haar of hom vertel is. Hou so aan tot al die leerders
wat uit die klas was, gehoor het hoe die prent
beskryf is.

Watter prent?
Wanneer die laaste leerder wat uit die klas was, die beskrywing gehoor
het, wys jy al die prente wat jy oor hierdie onderwerp het. Vra hierdie
laaste leerder om die prent te kies wat sy of hy dink die beste by die
beskrywing pas.

Maak seker dat jy hierdie leerder en al die ander wat uit die klas was,
gerusstel sodat hulle nie ongemaklik of minderwaardig voel nie.
Verduidelik dat dit baie moeilik is om die regte prent te kies omdat
boodskappe verdraai (deurmekaar) raak wanneer dit oorvertel word. Sê
vir hulle dit is moeilik genoeg om ’n prent wat jy gesien het te beskryf,
en dit is nog moeiliker om ’n prent wat jy nie gesien het nie te beskryf!

As jy hierdie aktiwiteit redelik gereeld doen, sal jou leerders gemaklik


daarmee raak en sal hulle selfvertroue oor hulle luister- en praatvermoë
nie geaffekteer word nie. Die aktiwiteit vereis dat die sprekers baie
duidelik en spesifiek moet wees. Dit vereis ook dat die luisteraars
aandagtig moet luister. Al die leerders moet ook regtig dink.

33
3 Die gebruik van liedjies en
musiek vir heletaal-onderrig
Musiek in ons lewens
Musiek speel ’n groot rol in ons lewens. Daar is
musiek oor die radio en musiek op televisie. Van jou
gesinslede sing dalk. Wanneer ons winkel toe gaan, is
daar musiek in die agtergrond. Musiek word in
advertensies gebruik. Die musiekbedryf is ’n groot
bedryf. Ons sing om uiting aan ons emosies, ons
vreugde en ons hartseer te gee, om te vier en om
te protesteer. Ons maak musiek om op te dans.
Ons vroegste voorouers het ook musiek gemaak
om hulle gevoelens uit te druk en om hulle te
vermaak.

Musiek speel ook ’n belangrike rol in die lewens van


ons leerders. Wat weet jy van die musiek wat jou
leerders geniet? Musiek kan ’n baie doeltreffende
hulpmiddel wees wat ons in ons klaskamers kan
gebruik. Wanneer ons die belangstellings van ons leerders as
’n fokus vir die kurrikulum gebruik, is ons leerders meer
geïnteresseerd en meer gemotiveer. En as hulle meer
geïnteresseerd en meer gemotiveer is, sal hulle meer
suksesvol wees.

Voor ons egter daarby kom, kom ons dink aan die musiek wat
ons geniet. Van watter musiek hou jy? Watter rol speel musiek
in jou lewe? Hoe belangrik is dit? Na watter musiek luister jy graag?
Waarom? Maak ’n lys van sommige van jou geliefkoosde
musiekstukke. Wanneer sing jy? Wat sing jy graag?

Van watter soort musiek hou jou


leerders?
Alle grade
Wat jy nodig sal hê
Jy sal blaaibordpapier (of koerantpapier) en kokipenne nodig hê.
Maak jou leerders om jou op die mat bymekaar of laat hulle hul
stoele voor in die klas naby die bord kom sit. Skryf die woorde
“Musiek waarvan ons hou” in die middel van ’n vel
blaaibordpapier. Vra die leerders dan vrae om hulle te laat
praat oor die musiek waarna hulle graag luister en wat hulle
graag sing.

34
3
Byvoorbeeld:
A Na watter liedjies/musiek luister jy graag?
Waarom?
A Wie is jou gunsteling-groepe/sangers?
A Waarom hou jy van hulle?
A Hoe laat hulle musiek jou voel?
A Van watter liedjies hou jy die meeste?
A Watter liedjies sing jy graag?
A Wat van advertensies? Watter advertensies
het mooi deuntjies of liedjies daarin? Ken jy
die woorde?
Terwyl jou leerders op jou vrae reageer, skryf
jy hulle opmerkings en idees op die groot vel
papier. Maak ’n gedagtekaart van wat hulle vir
jou sê. Dit is wat die graad 3’s van St John
Primêre Skool vir hulle onderwyseres vertel
het.

Brei die aktiwiteit uit


As jy agterkom daar is ’n liedjie of ’n advertensie
wat baie van jou leerders ken en van hou, kan jy
hulle vra om dit vir jou te sing. Neem dan ’n skoon
vel blaaibordpapier en ’n kokipen. Plak die vel
papier op die bord. Vra dan jou leerders om vir jou
te sê wat die woorde van die liedjie is.

Skryf die woorde frase vir frase op die vel papier


terwyl die leerders die woorde sê. Sê ook elke
woord terwyl jy dit skryf. Wanneer jy klaar met ’n
frase, reël of sin is, lees jy daardeur. Elke keer wat
jy ’n frase of reël geskryf het en daardeur gelees
het, laat jy jou leerders saam met jou lees wat jy
tot dusver geskryf het. Selfs al kan jou graad R’s en
graad 1’s moontlik nog nie onafhanklik lees nie, leer
hulle belangrike lesse oor lees en skryf wanneer
hulle dit doen. Jy gee hulle geleentheid om
ontluikende lesers en skrywers te word.

Groot Boek van liedjies


Jy kan op hierdie manier werk (sien Gedeelde Skryf op bladsy 38) met
ander liedjies wat jy saam met jou leerders sing, en waarvan hulle
veral hou. Jy kan die leerders ook vra om prente te teken wat by elke
liedjie pas. Dan kan jy ’n Groot Boek van hulle gunsteling-liedjies
maak.

35
3
Groepe leerders sal die
woorde in die Groot Boek kan
“lees”. Wanneer hulle die
bladsye van die Groot Boek
omblaai, sal die prentjies hulle
help om te weet watter liedjie
dit is. Sommige leerders sal
die vorms van die woorde en
frases herken. Hulle sal ook
die liedjies kan sing omdat
hulle die woorde ken.
Sommige leerders sal van die
woorde kan begin lees. Dit is
wonderlik wanneer leerders
geleentheid kry om op ’n
natuurlike manier sonder druk
op hulle te leer lees en skryf.

Skryf nuwe woorde vir ’n ou deuntjie


Wat jy nodig sal hê
Nog ’n manier waarop jy gedeelde skryf kan gebruik, is om nuwe
woorde op te maak vir een van die liedjies wat die leerders goed
ken. Jy sal blaaibordpapier (of koerantpapier) en kokipenne nodig
hê, of jy kan op die bord skryf. Kies ’n liedjie wat redelik eenvoudig
is waarvoor jy en jou leerders nuwe woorde kan opmaak.

Skryf die woorde


Maak jou leerders om jou op die mat bymekaar of laat hulle hul
stoele voor in die klas naby die bord kom sit. Wanneer jy die hele
liedjie saam met jou leerders gesing het, sê jy vir hulle jy wil hê
hulle moet jou help om nog ’n versie op te maak. Jy sal hulle eers ’n
bietjie leiding moet gee, maar skryf dan hulle voorstelle op die
blaaibordpapier (of koerantpapier) of die bord.

Probeer dan dat jou leerders die voorstelle verfyn, en help hulle om
saam nog ’n versie te skep. Sing die nuwe woorde saam met hulle en
kyk of dit reg klink. Wanneer julle gelukkig met die frases en
woorde is, skryf jy dit netjies op die papier of bord. Sing dan weer
die nuwe woorde.

As jy die woorde in ’n Groot Boek geskryf het, kan jy hierdie nuwe


vers by die liedjie daarin byskryf.

36
3
Teken en skryf op die maat van musiek
Alle grade
Musiek en gevoelens
Kies musiek waarvan jy regtig hou en wat jy in die klas kan speel.
Dit kan ’n goeie idee wees om musiek sonder enige sang of woorde te
kies. Sê vir jou leerders jy gaan musiek speel waarna hulle moet
luister. Sê jy wil hê hulle moet baie stil en aandagtig luister. As jy
dink dit sal help, kan jy sê hulle moet hulle oë toemaak. Speel dan die
musiek sodat hulle daarna kan luister.

Bespreek die musiek


Nadat jy die musiek een keer gespeel het, vra jy:
A Waaraan het dit julle laat dink?

Luister na wat die leerders sê en skryf hulle


idees op die bord. Sê dan jy wil hê hulle moet
prente teken wat wys waaraan die musiek
hulle laat dink en hoe dit hulle laat voel.

Vra die leerders om terug te gaan na hulle


tafels en gee vir elkeen ’n stuk papier. Speel
die stuk musiek weer en laat hulle teken. Ons
dink jy sal vind dat hierdie aktiwiteit ’n baie
kalmerende uitwerking op jou leerders het,
veral as die musiek nie te hard of lawaaierig
is nie.

37
3
Skryf ’n storie wat by musiek pas
Wat jy nodig sal hê
Jy sal ’n stuk musiek of ’n liedjie moet kry wat jy dink ’n goeie
beginpunt vir die skryf van ’n storie sal wees. Jy sal blaaibordpapier
(of koerantpapier) en kokipenne nodig hê.

Stel die aktiwiteit bekend


Maak jou leerders om jou op die mat bymekaar of laat
hulle hul stoele voor in die klas naby die bord kom sit. Sê
jy gaan musiek speel waarna hulle moet luister.
Verduidelik dat jy wil hê hulle moet baie stil en
aandagtig daarna luister. As jy dink dit sal help, kan jy sê
hulle moet hulle oë toemaak. Speel dan die musiek vir
hulle om na te luister.

Gedeelde skryfwerk
Wanneer die musiek klaar is, plak jy ’n vel blaaibordpapier op. Vra:
A Waaraan het die musiek julle laat dink?

Moedig hulle aan om te praat. Sê dan jy wil hê hulle moet jou help om
’n storie op te maak. Vra:
A Hoe sal ons ons storie begin?
A Hoe begin stories?

Wanneer een van die leerders ’n voorstel maak, skryf jy dit op die
blaaibordpapier. Lees dan daardeur. As jou leerders in graad 2 of
graad 3 is, kan jy dat hulle dit saam met jou lees. As jou leerders in
graad R of graad 1 is, kan jy eers die sin of frase lees en dan dat jou
leerders dit die tweede keer saam met jou lees.

Vra:
A Wat sal ons volgende skryf?

Skryf weer neer wat die leerders sê – presies soos hulle dit sê. Dit is
belangrik, want hulle sal onthou wat hulle gesê het. Wanneer die storie
klaar is, vra jy of hulle tevrede is met die storie wat hulle saam help
skep het.

Hou so aan tot die storie klaar is. Elke keer wat jy nog ’n sin byskryf,
sê jy die woorde soos jy dit skryf. Wanneer jy ’n sin klaar geskryf het,
laat jy jou leerders dit saam met jou lees. Lees dan al die sinne wat
julle tot dusver geskryf het. Lees op ’n natuurlike manier, net soos
wanneer jy ’n storie vertel. Moenie op ’n onnatuurlike manier lees nie.

38
3
Redigeer die skryfwerk
Wanneer die storie klaar is, vra jy jou leerders of hulle enigiets
wil verander. Dit sal jou geleentheid gee om te demonstreer
hoe ons ons skryfwerk redigeer (ons eerste weergawe
verbeter). Vra jou leerders om hulle tweede en verbeterde
weergawe onder die eerste weergawe te skryf. Sodoende laat
jy jou leerders ervaar wat prosesskryf is, naamlik om ’n eerste
weergawe te skryf, dit te redigeer en dan ’n finale weergawe te
skryf.

In hierdie aktiwiteit sal jou leerders baie dinkwerk gedoen het.


Hulle sal ook gepraat en geluister het. En hulle sal gelees het
terwyl jy hulle idees neergeskryf het.

Brei die aktiwiteit uit


Jy kan hierdie aktiwiteit uitbrei en jou leerders nog meer laat dink,
praat en luister as jy hulle die storie laat opvoer. Bespreek eers die leeRDeRS Se
storie wat jy en jou leerders saam opgemaak het. Vra jou klas dan wie STORIeS
e
eS
hulle dink die verskillende rolle moet speel. Laat hulle dink aan hoe Vivian Gussin Paley het
hulle die storie kan dramatiseer. Nooi die leerders uit om die storie te die stories wat haar
begin opvoer. Praat oor hoe elke rol gespeel moet word. Selfs baie jong leerders gedikteer het,
leerders kan dit doen. Jy kan voorstel dat hulle hul storie weer neergeskryf. Dan het
hulle later daardie dag
gedurende pouse opvoer nadat hulle hul toebroodjies geëet het.
een of twee stories
opgevoer. Die leerders
In die boek Wally’s Stories beskryf Vivian Gussin Paley, ’n kindertuin- het Vivian Gussin Paley
onderwyseres in Chicago, hoe sy dit daagliks met haar leerders gedoen gehelp om te kies wie
het. die verskillende rolle
speel en om te regisseer
Ons onderskat dikwels wat jong leerders kan doen. Ons sal nooit weet hoe die storie opgevoer
hoeveel hulle kan doen as ons hulle nie geleentheid gee om ons te wys word.
nie.

39
3
Ritme
Ritme is ’n
fundamentele
(basiese) deel van
musiek. Om die
waarheid te sê, ritme
speel onbewustelik ’n
rol in alles wat ons
doen. Dit is deel van
ons spraak en ons taal.
Leerders het ’n sterk
gevoel vir ritme. Ons
kan hierop bou deur
hulle meer bewus te
maak van die ritme in
taal.

Hoe om ritme te klap


Maak jou leerders om jou op die mat bymekaar of laat hulle hul stoele
voor in die klas naby die bord kom sit. Sê jy gaan ’n patroon klap en jy
wil hê hulle moet baie noukeurig luister omdat jy wil hê hulle moet
daarna dieselfde patroon klap. Soms kan jy vir afwisseling met jou plat
hand op jou bors klap. Jou borskas sal soos ’n trom wees!

Hou dit eenvoudig


Maak seker dat die eerste patroon wat jy klap baie eenvoudig is. Vra
dan jou leerders om dieselfde patroon vir jou te klap. Moenie saam met
hulle klap nie. Luister net. Klap dan nog ’n eenvoudige patroon wat
effens anders is. Jy moet weer nie saam met hulle klap nie. Luister net.

Neem die leerders


waar
Doen dit verskeie
keer. Kyk na jou
leerders terwyl jy
luister. Jy sal oplet wie
nie goed regkom nie.
Dit is ’n goeie
geleentheid om waar
te neem hoe goed jou
leerders luister en
hoor, en hoe goed hulle
gevoel vir ritme is.

40
3
Kies dan ’n leerder wie se naam twee lettergrepe het (soos Susan, Nomsa,
Riaan, Sipho), en klap twee stadige klappe, een vir elke lettergreep. Sê die
leerder se naam soos jy klap en beklemtoon elke lettergreep met elke klap.
Kies dan ’n leerder wie se naam drie lettergrepe het (soos Gcobisa of
Adriaan). Jy sal vind die lettergrepe is nie almal dieselfde lengte wanneer
ons hierdie name sê nie. Klap die naam net soos ons dit sê. Jy sal óf twee
vinnige klappe en een lang klap óf een lang klap en twee vinnige klappe hê.

Ritme in poësie
Ons het gevind dat leerders regtig poësie geniet. Soms wanneer hulle
onafhanklike lesers raak, verkies hulle as gevolg van die ritme in die
taalgebruik om gedigte te lees. Die woorde kan ook voorspelbaar wees en
beginnerlesers kan raai watter woorde volgende gaan kom. Ons dink ook
gedigte kan minder intimiderend wees om te lees omdat die reëls korter is!

By die werkswinkel het ons die volgende tradisionele Engelse gedig vir ’n
spreekkoor gekies:

The Cat, the Mouse and the Bumble Bee


A Cat came fiddling out of a barn
With a pair of bagpipes under his arm.
He could sing nothing but “Fiddle–de-dee,
The mouse has married the bumble bee.”
Pipe, cat, dance, mouse,
We’ll have a wedding at our good house.
Sommige van die onderwysers het die hele gedig geresiteer, terwyl ander
saam een reël oor en oor herhaal het. ’n Ander groep het ’n verskillende
reël herhaal. Dit het regtig die ritme van die woorde beklemtoon. Dit was
soos ’n liedjie in drie dele!

Koorpoësie
Kies ’n kort gedig wat geskik vir jou leerders is en leer hulle
die woorde. Nooi dan een deel van die klas uit om een van die
reëls oor en oor te herhaal. Vra ’n ander deel van die klas om
’n verskillende reël oor en oor te herhaal. Vra die res om die
gedig te resiteer. Op hierdie manier sal sommige van jou
leerders verbale ritmiese begeleiding vir die gedig verskaf.

As jy slaginstrumente het wat jou leerders gemaak het, kan


hulle hierdie instrumente gebruik om die ritme te beklemtoon
soos hulle die woorde van die gedig herhaal. Ons dink jy en
jou leerders sal vind dat die slaginstrumente en die herhaalde
woorde ’n wonderlike begeleiding vir die gedig vorm.

41
Slot
Moedig leerlinge aan Ons hoop jy vind die idees in hierdie boekie inspirerend. Ons sal regtig
om vir inligting te lees, graag wil hoor hoe jy vaar wanneer jy die voorgestelde aktiwiteite met
om gedrukte woorde jou leerders doen. Toe ons die werkswinkels by die PSP gehad het, was
ons so opgewonde oor die stories wat die onderwysers van hulle
oral om hulle te lees,
ervaring met die aktiwiteite vertel het. Ons was almal verbaas oor
om ’n goeie storie te
hoeveel selfs die jongste leerders kan doen. Ons het besef dat ons almal
geniet. geneig is om leerders te onderskat en te vergeet hoeveel hulle eintlik
kan doen.

Ons wil hierdie boekie met die woorde van Kenneth Goodman afsluit:

. . . nooi leerlinge om taal te gebruik. Laat hulle praat oor dinge wat
hulle moet verstaan. Wys vir hulle dit is in orde om vrae te vra en na
die antwoorde te luister, en dan te reageer of nog vrae te vra. Stel
voor dat hulle skryf oor wat met hulle gebeur sodat hulle hul
ervaringe kan verwerk en dit met ander kan deel.

Moedig hulle aan om vir inligting te lees, om gedrukte woorde oral


om hulle te lees, om ’n goeie storie te geniet.

42
Op hierdie manier kan onderwysers met leerders in die natuurlike
rigting van hulle groei werk. Dit word dan binne en buite die skool
maklik om taal te leer. En dit is interessanter, meer stimulerend, en
meer pret vir die kinders en hulle onderwysers. Wat op skool gebeur,
ondersteun en brei uit wat buite die skool gebeur. Heletaal-
programme bring alles saam: die taal, die kultuur, die gemeenskap,
die leerder, en die onderwyser.

Dit is maklik wanneer: Dit is moeilik wanneer:


dit werklik en natuurlik is dit kunsmatig is.
dit ’n geheel is. dit in stukke opgebreek is.
dit sinvol is. dit nonsens is.
dit interessant is. dit vervelig en oninteressant is.
dit relevant is. dit irrelevant vir die leerder is.
dit aan die leerder behoort. dit aan iemand anders behoort.
dit deel van ’n werklike gebeurtenis is. dit nie in ’n konteks is nie.
dit sosiale waarde het. dit geen sosiale waarde het nie.
dit ’n doel vir die leerder het. dit geen merkbare doel het nie.
die leerder kies om dit te gebruik. dit deur iemand anders afgedwing word.
dit toeganklik vir die leerder is. dit ontoeganklik is.
die leerder die mag het om dit te gebruik. die leerder magteloos is.

Hierdie lyste wys dat ’n heletaal-program aangenamer en prettiger


vir leerlinge en onderwysers is. Is dit ook doeltreffender? Ja, dit is.
Met die taal wat hulle reeds geleer het, bring leerders hulle
natuurlike geneigdheid om sin van die wêreld te maak, saam klas toe.
Wanneer skole taal in stukkies opbreek, word sin onsin. Elke
abstrakte stukkie wat geleer word, word gou vergeet wanneer
kinders na ander gefragmenteerde stukke aanbeweeg. Uiteindelik
begin hulle aan die skool dink as ’n plek waar niks ooit sin maak nie.

Dit is waarom dit maklik is om taal in die werklikheid te leer, en dit


maklik behoort te wees om taal op skool te leer, maar dit is dikwels
moeilik.

(Uit: What’s Whole in Whole Language? deur Ken Goodman, 2005:


4–5)

43
Onderwysers wat die Heletaal-
werkswinkels in 2006 bygewoon het
Eisleben Luzuko Parkdene Me Nokuxola Matinise
Me Lorraine Hazner Me Nomalungelo Matole Me Riva Mentoor Me Nomandithini
Me Sinthea Koks Me Nokuzola Ncayo Parkfields Molteno
Me Sharon La Kay Me Nompilo Ngalo Me Rochan Arieff-Herbert Me Thandiwe Tandazo
Me Martha Meiring Me Zoleka Tshayi Primrose Park Siviwe
Me Gail Symonds Manenberg Me Carol Anne Birch Me Nandipha Mkonto
Entshona Me Badronesa Abrahams Me Jenny-Lynn Kruser Me Doris Mtshibe
Me Nokwanda Mqhayi Me Juanita Adonis Qingqa-Mtwana Me Nomsa Soshweshwe
Me Noluthando Phaliso Me Asieya Johnson Me NB Kedama Me Nonkosi Sovara
Me Thelisa Thamsanqa Me Gillian McCree St John’s Siyazakha
Hlengisa Me Jacqueline Petersen Me Charlene Hans Me Linda Matshingana
Me Lillian Dyantjies Me Rosemary Piedt Me Natasha Hartogh Me Nokuthula Mxesibe
Me Nothemba Mgetu Me Nabewisa Roelt Me Joan Louw Me Queenie Ndlovu
Me Fundiswa Njemla Masiphumelele Me A Magnet Siyazingisa
Me Welekazi Qwaka Me Tenjiwe Mabaso Me Francesca Pillay Me Bukiwe Daniels
Impendulo Me Neliswa Mangona Mercial Stanfield Me Nodumo Gulwa
Me Thunyiwe Bam Me Zukiswa Ntamo Me Jenny Steenkamp Me Andiswa Mdebuka
Me Nomonde Fikizolo Mfuleni Me Yvette van Tonder Me Nomnqweno Mlozana
Me Thandiwe Johns Me Nokuzola Dlikilili St Louis Me Doreen Morrison
Me Nokuzola Majivolo Me Noluthando Ntshele Me Dorothy Dunyo Me Noloyiso Mtimba
Me Nomawethu Ngwane Me Nocawe Ntshokoma Me Nikki Ngcukana Me Cebisa Mzolo
Me Nocawe Mkhosi Mseki Sakumlandela Me Ncediwe Ndleleni
Me Nontobeko Mutlane Me Nomathamsanqa Hoyi Me Bukelwa Babu Me Mary-Ann Ntsane
Me Zanele Nqolo Me Buyiswa Ludonga Me Ntsiki Daniel Me Mandisa Peko
Me Margaret Sikiti Me Stella Makeleni Me Mandisa Jonas Me Ntsikie Sidyiyo
Me Thozama Zilwa Me Bulelwa Mgqoki Me Pinky Mgijima Me Jenie Stulweni
Inkazimlo Me Nomvuyo Ndlela Me Pumeza Mtambeka Sobambisana
Me SN Gobo Nalikamva Me Monica Ndinisa Me Maureen Lekker
Me Luntukazi Kwetana Me Christina Ndlangisa Me Yolisa Siyengo Umnqopiso
Me Gloria Majambe Me Mirriam Qolo Samora Machel Me YC Qavane
Me V Makiva Me Nosipho September Me Vuyokazi Mgwele Me G Tshaka
Me TE Mapitiza Me Noluthando Me Lumka Mlondweni Vuyani
Isikhokelo Tshakambulashe Me Nomtamsanqa Me Noluvuyo Macanda
Me Nombeko Mpikashe Naluxolo Mzingaye Me Sindiswa Mfobo
Me Senamela Tsheyohalo Me Nomfusi Dlaku Me Luleka Nakani Me BN Quva
JS Klopper Me Nolawe Dyantyi Me Nokuzola Sikeyi Yomelela
Me Louise Daniels Me Bongiswe Jacob Me Salma Sixubane Me Thembeka Nama
Me Natalie Marinus Me Namhla Mahlati Me Koliswa Siyanga Me Julia Sipamla
Me Dorothy September Me Nomthandazo Me Nomfundiso Siyotula Spesiale dank aan Charlene Hans
Maqasho Silukhanyo van St John’s Primêre Skool en
Liwa
Me Lungiswa Nyathi Noluvuyo Macanda van Vuyani
Me Xoliswa Lunika Me Lindiwe Banjwa
Primêre Skool vir hulle hulp en
Me PB Nkele Me Neliswa Gcwabe
Me Nombulelo ondersteuning met die toets van
Ngxamngxa Me Thandile Gqamlana aktiwiteite.

44
WESTERN CAPE
PRIMARY SCIENCE PROGRAMME
TRUST (PSP)

Die PSP is ’n indiens- opvoedkundige organisasie wat ondersteuning verleen aan


laerskoolonderwysers op die gebied van die natuurwetenskappe en verwante leerareas, veral
in township-laerskole in die Wes-Kaap. Ons is gebaseer by die Edith Stephens Wetland Park,
Philippi – naby geleë aan talle benadeelde gemeenskappe op die Kaapse Vlakte.

Die PSP is reeds sedert 1984 werksaam en het ’n goeie verhouding opgebou met meer as
200 laerskole in al die township-gebiede, insluitend die landelike gebiede in die Boland en
aan die Weskus. Meer as 1 050 onderwysers van graad 4 tot 7 en 126 000 kinders vind baat
by die werk van die PSP.

Die PSP werk in ’n omgewing waar die meeste onderwysers en leerders ’n eerste of tweede
addisionele taal moet gebruik. Terwyl ons op wetenskapverwante leerareas en die omgewing
fokus, werk ons dus ook aan die ontwikkeling van leerders se kommunikasievaardighede.

Die PSP werk tans met ’n personeel van 14 mense.

KONTAKBESONDERHEDE
Western Cape Primary Science Programme (PSP)
Edith Stephens Wetland Park, Lansdowneweg,
Philippi, Kaapse Vlakte, 7785
Posbus 24158, Lansdowne, 7779, Suid-Afrika
Tel: 021 6919039; Faks: 021 6916350
E-pos: info@psp.org.za; webtuiste: www.psp.org.za

NPO: 015-822
Registrasienommer: IT2806/99

You might also like