You are on page 1of 19

CRW2601/103/1/2010

SKOOL VIR REGSGELEERDHEID

DEPARTEMENT STRAF- EN PROSESREG

STRAFREG: ALGEMENE BEGINSELS


CRW2601

Studiebrief 103/1/2010
Geagte student
1

BESPREKINGSKLASSE

FORMAAT VAN EKSAMENVRAESTEL VIR DIE MEI/JUNIE 2010-EKSAMEN

KOMMENTAAR OP DIE OKTOBER/NOVEMBER 2009-VRAESTEL

AANTAL STUDIEBRIEWE

2
1

BESPREKINGSKLASSE

Neem asseblief kennis dat die volgende besprekingsklasse gedurende die eerste
semester deur die volgende dosente aangebied word:
Datum:
Tyd:
Streekkantoor:
Dosent:
Datum:
Tyd:
Streekkantoor:

Saterdag 6 Maart 2010


08:3012:30
Durban (lokaalbesonderhede sal deur die streekkantoor
verskaf word)
Prof L Jordaan

Dosent:

Saterdag 6 Maart 2010


08:3012:30
Parow, Kaapstad (lokaalbesonderhede sal deur die streekkantoor verskaf word)
Mnr RD Ramosa

Datum:
Tyd:
Streekkantoor:
Plek:
Dosente:

Saterdag 6 Maart 2010


08:3012:30
Sunnyside Kampus, Pretoria
Saal 9/1-D
Prof C van der Bijl

Neem asseblief kennis dat die volgende besprekingsklasse gedurende die tweede
semester deur die volgende dosente aangebied word:
Datum:
Tyd:
Streekkantoor:
Dosent:
Datum:
Tyd:
Streekkantoor:

Saterdag 14 Augustus 2010


08:3012:30
Durban (lokaalbesonderhede sal deur die streekkantoor
verskaf word)
Prof C van der Bijl

Dosent:

Saterdag 14 Augustus 2010


08:3012:30
Parow, Kaapstad (lokaalbesonderhede sal deur die streekkantoor verskaf word)
Prof L Jordaan

Datum:
Tyd:
Streekkantoor:
Plek:
Dosent:

Saterdag 14 Augustus 2010


08:3012:30
Sunnysidekampus, Pretoria
Saal 9/1-D
Mnr RD Ramosa

FORMAAT VAN EKSAMENVRAESTEL IN DIE MEI/JUNIE 2010-EKSAMEN

Die formaat van die eksamenvraestel in die Mei/Junie 2010-eksamen sal wesenlik dieselfde wees as die formaat van die vraestel in die Oktober/November 2009-eksamen.

3
3

CRW2601/103

KOMMENTAAR OP OKTOBER/NOVEMBER 2009-VRAESTEL

Ons verskaf die Oktober/November 2009-eksamenvraestel hieronder, gevolg deur die


korrekte antwoorde op die vrae.
As u die eerste keer vir hierdie module ingeskryf het, sal u nie die antwoorde en die
kommentaar op die vrae verstaan wat in hierdie studiebrief verskyn voordat u die
verskillende onderwerpe in die studiegids bestudeer het waaroor die vrae handel nie. Ons
beveel dus aan dat nuwe studente nie die kommentaar lees voordat hulle die betrokke
onderwerpe in die studiegids bestudeer het nie. Diegene wat hierdie module wel verlede
semester geneem het, sal hierdie bespreking waardevol vind, omdat hulle alreeds die
verskillende onderwerpe bestudeer het waaroor die vrae handel. Di van u wat die
eksamen in hierdie module in Oktober 2009 geskryf het en die module herhaal, omdat u
nie die eksamen geslaag het nie, behoort die antwoorde, sowel as die kommentaar wat
ons verstrek, sorgvuldig te lees sodat u kan sien watter foute u in die eksamen gemaak
het.
Meeste studente verskaf baie oppervlakkige antwoorde in die eksamen. Ons raai u aan
om hierdie eksamenvraestel self te beantwoord om sodoende u kennis en insig te
evalueer. Vergelyk u antwoorde met die antwoorde wat in hierdie kommentaar verskaf
word. Hierdie oefening sal help om vas te stel wat presies van u in die eksamen verwag
word.

STRAFREG EERSTE MODULE

CRW101U
Tydsduur: 2 Uur

Oktober/November 2009
100 Punte

Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye plus instruksies vir die voltooiing van 'n
merkleesblad.
DIE VRAE IN HIERDIE VRAESTEL TEL EEN HONDERD PUNTE. DIE VRAESTEL BESTAAN
UIT TWEE AFDELlNGS, GEMERK A EN B. U MOET SOWEL AFDELlNG A AS AFDELlNG B
BEANTWOORD. AFDELlNG A BESTAAN UIT TIEN MEERVOUDIGE KEUSEVRAE. U MOET
DIE ANTWOORDE VAN HIERDIE VRAE OP DIE MERKLEESBLAD INVUL. DIE KORREKTE
ANTWOORD OP ELKEEN VAN HIERDIE VRAE TEL DRIE PUNTE, WAT BETEKEN DAT
AFDELlNG A IN TOTAAL DERTIG PUNTE TEL. DIE ANTWOORDE OP DIE VRAE IN
AFDELlNG B MOET U IN U EKSAMENBOEK SKRYF. DIE VRAE IN AFDELING B TEL
SEWENTIG PUNTE.

4
AFDELlNG A (MEERVOUDIGE KEUSEVRAE)
BELANGRIKE KENNISGEWING. DIE VRAE IN HIERDlE AFDELlNG MOET BEANTWOORD
WORD OP DIE MERKLEESBLAD, WAT SAAM MET U ANTWOORDBOEK AAN U UITGEREIK
WORD. U MOET DIE INSTRUKSIES OOR DIE VOLTOOlING VAN DIE MERKLEESBLAD
SORGVULDIG DEURLEES. VERSUIM OM DIT TE DOEN, KAN DAARTOE LEI DAT U
ANTWOORDE NIE DEUR DIE REKENAAR NAGESIEN KAN WORD NIE.
Hier volg tien vrae (gemerk 1 10). Elke vraag bevat drie stellings (gemerk a c).
Sommige van die stellings is korrek en ander is verkeerd. U moet besluit watter
van hierdie stellings korrek is. Na die drie stellings volg vyf bewerings (gemerk 1
5). Elkeen van hierdie stellings bevat n bewering dat 'n bepaalde stelling of
kombinasie van stellings korrek is of nie korrek is nie. U moet besluit watter
bewering die gevolgtrekking waartoe u gekom het, korrek weerspiel.
Vraag 1
(a)

Volgens die absolute teorie is straf n doel op sigself, terwyl straf, volgens die relatiewe
teorie, n middel tot n verdere doel is.

(b)

Die doeltreffendheid van die algemene afskrikkingsteorie hang slegs af van die erns van
die straf wat n oortreder opgel word.

(c)

Die drietal in Zinn (die misdaad, die misdadiger, die belange van die samelewing) stel `n
hof in staat om al die strafteorie in oorweging te neem by vonnisoplegging.

(1)
(2)
(3)
(4)
(5)

Al hierdie stellings is korrek.


Slegs stelling (a) is korrek.
Slegs stellings (a) en (c) is korrek.
Slegs stelling (c) is korrek.
Slegs stelling (b) is korrek.

Vraag 2
(a)

Die korrekte volgorde waarvolgens strafregtelike aanspreeklikheid ondersoek word, is


handeling, voldoening aan omskrywingselemente, skuld en wederregtelikheid.

(b)

Misdade is gerig teen die openbare belang, terwyl delikte gerig is teen privaat belange.

(c)

n Statutre bepaling sal die beste voldoen aan die legaliteitsbeginsel as dit slegs n strafregtelike norm bevat.

(1)
(2)
(3)
(4)
(5)

Slegs stelling (b) is korrek.


Slegs stellings (b) en (c) is korrek.
Nie een van die stellings is korrek nie.
Slegs stelling (a) is korrek.
Slegs stelling (c) is korrek.

CRW2601/103

Vraag 3
(a)

In Masiya v DPP 2007 (2) SASV 435 (KH) het die Konstitusionele Hof bevind dat die
uitgebreide definisie van die misdaad verkragting nie terugwerkend op die beskuldigde van
toepassing gemaak kan word nie. Hier het die Konstitusionele Hof dus die ius praeviumrel gerespekteer.

(b)

Die rels wat die legaliteitsbeginsel beliggaam (ius acceptum, ius praevium, ius certum en
ius strictum), is van toepassing op beide die misdaad en die straf wat opgel word.

(c)

Die Grondwet bevat n bepaling wat die ius acceptum-rel uitdruklik uiteensit.

(1)
(2)
(3)
(4)
(5)

Al hierdie stellings is korrek.


Slegs stellings (a) en (b) is korrek.
Slegs stelling (a) is korrek.
Slegs stellings (b) en (c) is korrek.
Slegs stelling (b) is korrek.

Vraag 4
(a)

Gedrag is willekeurig as dit gewil is.

(b)

Relatiewe dwang sluit X se vermo uit om sy liggaamsbewegings ondergeskik te stel aan


sy wil of verstand.

(c)

Gesonde outomatisme verwys na gevalle waar X hom beroep op die verweer van
geestesongesteldheid.

(1)
(2)
(3)
(4)
(5)

Slegs stelling (b) is korrek.


Slegs stellings (b) en (c) is korrek.
Slegs stellings (a) en (c) is korrek.
Nie een van hierdie stellings is korrek nie.
Slegs stelling (a) is korrek.

Vraag 5
(a)

Antesedente aanspreeklikheid is n kwalifikasie op die rel dat liggaamsbewegings wat in n


toestand van outomatisme uitgevoer word, nie lei tot strafregtelike aanspreeklikheid nie.

(b)

Daar is n regsplig op n persoon om positief op te tree as die regsoortuigings van die


gemeenskap aantoon dat daar so n plig is.

(c)

In Leeuw 1975 (1) SA 439 (O) is beslis dat blote ongerieflikheid, as dit kom by voldoening
aan n regsplig, nie neerkom op onmoontlikheid nie.

(1)
(2)
(3)
(4)
(5)

Slegs stelling (b) is korrek.


Slegs stellings (b) en (c) is korrek.
Slegs stellings (a) en (b) is korrek.
Al hierdie stellings is korrek.
Slegs stelling (c) is korrek.

6
Vraag 6
(a)

By formeel omskrewe misdade verbied die omskrywingselemente sekere gedrag, ongeag


wat die gevolg van hierdie gedrag is.

(b)

n Handeling is n conditio sine qua non vir n situasie as die handeling weggedink kan word
sonder dat die situasie terselfdertyd verdwyn.

(c)

In Tembani 2007 (1) SASV 355 (HHA) het die hof bevind dat nalatige mediese sorg nie
beskou sou word as `n novus actus interveniens in n situasie waar X opsetlik n intrinsiek
dodelike wond toegedien het nie.

(1)
(2)
(3)
(4)
(5)

Slegs stelling (a) is korrek.


Slegs stelling (b) is korrek.
Al die stellings is korrek.
Slegs stellings (b) en (c) is korrek.
Slegs stellings (a) en (c) is korrek.

Vraag 7
(a)
(b)

Geestesongesteldheid is n regverdigingsgrond wat die wederregtelikheid van gedrag uitsluit.


X kan hom op noodweer beroep as hy homself verdedig teen n aanval van n dier.

(c)

Daar bestaan n onweerlegbare vermoede dat n kind onder die ouderdom van sewe ontoerekeningsvatbaar is.

(1)
(2)
(3)
(4)
(5)

Nie een van hierdie stellings is korrek nie.


Slegs stellings (b) en (c) is korrek.
Slegs stelling (c) is korrek.
Slegs stellings (a) en (b) is korrek.
Slegs stelling (a) is korrek.

Vraag 8
(a)

Die toets vir nalatigheid word beskryf as objektief, omdat die beoordelaar nie daarmee
gemoeid is om vas te stel wat X werklik gedink het of geweet of voorsien het nie, maar
slegs met wat n redelike mens, wat hom in X se omstandighede sou bevind, sou voorsien
het.

(b)

Die blote feit dat iemand n oordeelsfout begaan het, beteken nie noodwendig dat hy nalatig
was nie.

(c)

Indien X van strafbare manslag aangekla is, maar die getuienis bring aan die lig dat X
opsetlik opgetree het, kan X steeds aan strafbare manslag skuldig bevind word, mits sy
gedrag tekort geskiet het aan die maatstaf van die redelike mens.

(1)
(2)
(3)
(4)
(5)

Al hierdie stellings is korrek.


Slegs stellings (a) en (c) is korrek.
Slegs stelling (a) is korrek.
Slegs stellings (a) en (b) is korrek.
Slegs stelling (b) is korrek.

CRW2601/103

Vraag 9
(a)

Die gelyktydigheidsbeginsel beteken dat skuld aanwesig moes gewees het op die presiese
tydstip waarop X die wederregtelike handeling verrig het.

(b)

Dwaling aangaande die oorsaaklike verloop van gebeure kan opset uitsluit indien daar n
wesenlike afwyking tussen die werklike en die voorsiene oorsaaklike verloop van gebeure
was.

(c)

n Goeie beweegrede of motief skakel altyd opset uit.

(1)
(2)
(3)
(4)
(5)

Al hierdie stellings is korrek.


Slegs stellings (a) en (b) is korrek.
Slegs stelling (a) is korrek.
Slegs stelling (b) is korrek.
Slegs stellings (a) en (c) is korrek.

Vraag 10
(a)

Provokasie kan nooit n strafversagtende uitwerking h nie.

(b)

Strenge aanspreeklikheid word slegs in wetteregtelike misdade gevind.

(c)

n Regspersoon soos n maatskappy kan nie skuldig bevind word aan n misdaad nie.

(1)
(2)
(3)
(4)
(5)

Nie een van hierdie stellings is korrek nie.


Slegs stelling (b) is korrek.
Slegs stelling (c) is korrek.
Slegs stellings (b) en (c) is korrek.
Slegs stellings (a) en (c) is korrek.

[30]

AFDELlNG B
HIERDIE AFDELlNG BESTAAN UIT DRIE VRAE, GENOMMER 1, 2 EN 3. U MOET AL DRIE
VRAE (MET HULLE ONDERAFDELINGS) BEANTWOORD. LET OP DIE KEUSE WAT U IN
SEKERE ONDERAFDELINGS VAN DIE VRAE HET. MOTIVEER U ANTWOORDE EN VERWYS
NA BESLlSTE SAKE, WAAR DIT TER SAKE IS. BY DIE BEPALlNG VAN DIE LENGTE VAN U
ANTWOORDE MOET U U LAAT LEI DEUR DIE PUNTE WAT AAN ELKE VRAAG TOEGEKEN
IS.
Vraag 1
(a)

X en W ervaar tydelik huweliksprobleme en bly nie meer saam nie. X wil vir W doodmaak
sodat hy die geld van haar lewenspolis kan kry. Hy daag onverwags by W se meenthuis op
en vind n man en vrou in haar bed, besig om seks te h. X, wat onder die indruk is dat die
vrou W is, haal sy vuurwapen uit en vuur n skoot na die vrou af. Bespreek X se
aanspreeklikheid in elk van die feitestelle hieronder. Oorweeg elke feitestel afsonderlik.
(i)

Die vrou sterf as gevolg van die skoot, maar dit blyk later dat die vrou nie W is nie,
maar Y, haar suster, wat die meenthuis vir n geheime ontmoeting met haar getroude
minnaar gebruik het. Kan X aan moord of enige ander misdaad ten aansien van Y
skuldig bevind word?
(6)

8
(ii)

(b)

Die koel tref n kopervaas wat op die bedkassie staan, verander van rigting en tref
vir A, die huishoudster, wat die kamer op daardie oomblik binnekom om vas te stel
wat aangaan. A sterf onmiddellik. Bespreek X se moontlike strafregtelike aanspreeklikheid ten aansien van A.
(8)

LET OP DIE KEUSE WAT U BY HIERDIE VRAAG HET


Daar is in die regspraktyk `n aantal spesifieke gevalle gedentifiseer waar daar `n regsplig
op X rus om positief op te tree. Noem en bespreek hierdie gevalle en verwys na hofuitsprake, waar toepaslik.
OF
Noem en bespreek kortliks, met verwysing na hofuitsprake, die vereistes vir n verweer van
noodtoestand.
(10)
[24]

Vraag 2
(a)

Onderskei tussen direkte opset, indirekte opset en dolus eventualis deur n omskrywing van
elk te gee.
(5)

(b)

Noem die rels wat toegepas moet word om te bepaal of die wetgewer bedoel het dat skuld
`n element van `n statutre misdaad moet wees.
(6)

(c)

Y ervaar pyn in haar baarmoeder en gaan na n ginekoloog vir n ondersoek. Z, die


ginekoloog, besluit dat Y geopereer moet word. Y stem in tot hierdie operasie. Sy word na
die teater geneem en kry n sterk susmiddel as preliminre prosedure voordat sy narkose
kry. Z verlaat die teater om n ander noodgeval te hanteer. Oomblikke later kom M, n
manlike verpler, die teater binne. Hy steek sy vinger in Y se vagina met die oogmerk om
seksuele bevrediging te kry. Y, wat aanvaar dat hierdie daad bloot n voorbereidende
mediese prosedure is, maak nie beswaar nie. n Ander verpler vang vir X uit, en hy word
later ontslaan. Y, ongelooflik ontsteld, l n klag van verkragting teen X.
X argumenteer in sy verweer dat daar toestemming was, omdat Y nie beswaar gemaak
het nie. U moet slegs die meriete van hierdie verweer oorweeg. (Dit is nie in geskil nie dat
die handeling wat deur X uitgevoer is, neerkom op n daad van seksuele penetrasie, soos
vereis word vir die nuwe statutre misdaad verkragting.)
(6)

(d)

LET OP DIE KEUSE BY HIERDIE VRAAG


Dink u die volgende statutre bepaling voldoen aan die legaliteitsbeginsel? Enige persoon
wat n handeling verrig wat die goeie sedes van die gemeenskap skend, is skuldig aan n
misdaad. Bespreek.
OF
Gee n opsomming van die rels wat ons howe volg om juridiese oorsaaklikheid te bepaal.
Verwys ook na hofsake.
(8)
[25]

CRW2601/103

Vraag 3
(a)

X, n sterkgeboude man, is in `n hewige argument gewikkel met Y, n jong vrou. Y reageer


deur n lang, skerp mes te gryp en X daarmee aan te val. X gryp Y aan die arm, neem die
mes by haar af, en slaan haar drie keer met die vuis op haar kop. Y word ernstig beseer en
sterf later aan breinskade in die hospitaal. Bespreek X se strafregtelike aanspreeklikheid in
elk van die feitestelle hieronder. Elke feitestel moet afsonderlik oorweeg word.
(i)

Op n klag van moord beroep X hom op noodweer. Verduidelik kortliks of X met hierdie
verweer kan slaag. [U hoef nie n volledige definisie van noodweer te gee nie, en hoef
ook nie al die vereistes te bespreek nie. Beperk u antwoord deur slegs die relevantste
vereiste(s) vir noodweer op die feite toe te pas.]
(4)

(ii) Indien bevind word dat X die perke van noodweer oorskry het, maar X aanvoer dat hy
nie vir Y opsetlik om die lewe gebring het nie, omdat hy subjektief geglo het dat hy in
noodweer gehandel het. Verduidelik, met verwysing na hofuitsprake, of X met sodanige
verweer kan slaag.
(6)
(b)

Noem die verwere wat toerekeningsvatbaarheid kan uitsluit.

(3)

(c)

In u studiegids is daar in n grys blok n opsomming van die regspunte soos beslis deur die
Applafdeling in Chretien 1981 (1) SA 1097 (A). Gee die opsomming van hierdie regspunte.
(5)

(d)

Noem die drie gevalle waarin subjektiewe faktore in oorweging geneem word wanneer die
toets vir nalatigheid toegepas word.
(3)
[21]
TOTAAL: 70

Unisa 2009

10
ANTWOORDE OP AFDELING A VAN DIE VRAESTEL: MEERKEUSEVRAE
Die volgende afkorting word in hierdie gedeelte gebruik:
SG - Studiegids
Strafreg - Snyman CR se Strafreg 5 uitg 2006 (die voorgeskrewe handboek).
VRAAG 1
(a)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 1.2.1.

(b)

Hierdie stelling is verkeerd. Sien SG 1.2.5.2.

(c)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 1.2.7.

U moes dus opsie (3) gekies het, aangesien slegs stellings (a) en (c) korrek is.
VRAAG 2
(a)

Hierdie stelling is verkeerd. Die korrekte volgorde van die ondersoek is handeling,
voldoening aan omskrywingselemente, wederregtelikheid en skuld. Sien SG.
1.7.3.

(b)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 1.8.

(c)

Hierdie stelling is verkeerd. n Wetsbepaling voldoen ten beste aan die legaliteitsbeginsel indien dit benewens n strafnorm ook n strafsanksie bevat. Sien SG 2.4.2.

U moes dus opsie (1) gekies het, aangesien slegs stelling (b) korrek is.
VRAAG 3
(a)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 2.5.

(b)

Hierdie stelling is korrek. Sien die omskrywing in die grys blok SG 2.3.2 en 2.8.

(c)

Hierdie stelling is verkeerd. Sien SG 2.4.

U moes dus opsie (2) gekies het, aangesien slegs stellings (a) en (b) korrek is.
VRAAG 4
(a)

Hierdie stelling is verkeerd. Sien SG 3.3.4.1.

(b)

Hierdie stelling is verkeerd. Sien SG 3.3.4.2a.

(c)

Hierdie stelling is verkeerd. Sieklike outomatisme dui op gevalle waar X op die


verweer van geestesongesteldheid steun. Sien SG 3.3.4.2c ii.

U moes dus opsie (4) gekies het, aangesien nie een van hierdie stellings korrek is nie.

11

CRW2601/103

VRAAG 5
(a)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 3.3.4.2c iv.

(b)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 3.4.1.1.

(c)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 3.4.2(2).

U moes dus opsie (4) gekies het, aangesien al hierdie stellings korrek is.
VRAAG 6
(a)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 4.3.1.

(b)

Hierdie stelling is verkeerd. Sien SG 4.3.3.2.

(c)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 4.3.7.4.

U moes dus opsie (5) gekies het, aangesien slegs stellings (a) en (c) korrek is.
VRAAG 7
(a)

Hierdie stelling is verkeerd. Sien SG 7.2.1.

(b)

Hierdie stelling is verkeerd. Sien SG 5.3.2(1) (a)(iii).

(c)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 8.3: Opsomming punt (6) en Strafreg 178-179.

U moes dus opsie (3) gekies het, aangesien slegs stelling (c) korrek is.
VRAAG 8
(a)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 11.2.

(b)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 11.5.2(6). Die redelike persoon is nie n volmaak
geprogrammeerde outomaat wat nooit n fout maak nie, maar n gewone mens van
vleis en bloed. Soos enige ander persoon, kan hy n oordeelsfout begaan. Dus,
indien bewys sou word dat n redelike persoon ook dieselfde oordeelsfout as X in
dieselfde omstandighede as waarin X hom bevind het sou begaan, dan was X nie
nalatig nie.

(c)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 11.7. In Ngubane 1985 (3) SA 677 (A) het die
Applhof beslis dat dit verkeerd is om aan te neem dat sodra opset bewys is, daar
geen moontlikheid van nalatigheid kan wees nie. Die feite van n besondere saak
kan daarop dui dat ofskoon opset bewys is, X ook nalatig was. Dit sal die geval
wees indien sy gedrag te kort geskiet het aan die maatstaf van die redelike mens.

U moes dus opsie (1) gekies het, aangesien al hierdie stellings korrek is.

12
VRAAG 9
(a)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 7.2.5.

(b)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 10.4.

(c)

Hierdie stelling is verkeerd. Sien SG 9.10.

U moes dus opsie (2) gekies het, aangesien slegs stellings (a) en (b) korrek is.
VRAAG 10
(a)

Hierdie stelling is verkeerd. Sien studie-eenheid 13: Opsomming punt (1) en


Strafreg 240-241.

(b)

Hierdie stelling is korrek. Sien SG 14.1.2.1.

(c)

Hierdie stelling is verkeerd. Sien SG 14.2.1.

U moes dus opsie (2) gekies het, aangesien slegs stelling (b) korrek is.
AFDELING B
VRAAG 1
(a)
(i)

U kan die antwoord op hierdie probleemtipe vraag in SG 10.3 kry.


Dit is n geval van error in objecto (X misgis hom oor die voorwerp of objek van
sy handeling).
Een van die gevalle waarin n error in objecto opset sal uitsluit, is indien dit
verband hou met die omskrywingselemente van die betrokke misdaad.
Die voorwerp van die misdaad moord is n menslike wese.
X se dwaling hou nie verband met die kwessie of hy n menslike wese gedood
het nie, maar met die identiteit van die menslike wese.
Sy dwaling (error in objecto) is nie wesenlik nie en sal nie opset uitsluit nie,
omdat moord altyd gepleeg word wanneer n menslike wese wederregtelik en
opsetlik gedood word, en nie bloot wanneer iemand daardie bepaalde persoon
dood wat hy bedoel het om te dood nie.
Dus is X skuldig aan moord.

(ii)

Die antwoord op hierdie probleemtipe vraag is te vinde SG 10.5.1 en 10.5.4.


Dit is n geval van aberratio ictus (die afdwaling van die hou).
Aberratio ictus is nie n vorm van dwaling nie, omdat X n juiste voorstelling
gemaak het van dit wat hy wil tref (daar is dus geen error in objecto nie), maar
weens onbehendigheid of ander faktore tref die hou iemand anders.

13

CRW2601/103

Ten einde te besluit of X moord gepleeg het, is dit nodig om vas te stel of X
opset ten aansien van A se dood gehad het.
Ons howe het by die beslissing van aberratio ictus-gevalle voorkeur aan die
konkrete-gestalte-benadering gegee.
Mtshiza-saak
Wat X se aanspreeklikheid ten aansien van A se dood betref, is daar drie
moontlikhede:
As hy voorsien het dat A deur die hou getref en gedood sou word, en hom
versoen het met daardie moontlikheid, het hy dolus eventualis gehad ten
opsigte van A se dood en is hy skuldig aan moord ten aansien van A.
As hy nie die moontlikheid voorsien het nie dat sy hou moontlik iemand anders
as Y kon tref en dood nie, of indien hy so n moontlikheid voorsien het, maar
hom nie versoen het met hierdie moontlikheid nie, het hy geen dolus
eventualis nie en kan hy nie skuldig aan moord wees nie. Dit beteken egter
nie noodwendig dat X onskuldig aan enige misdaad is nie. Moord is nie die
enigste misdaad waaraan iemand skuldig bevind kan word indien hy iemand
anders se dood veroorsaak nie. Daar is ook die moontlikheid van manslag, wat
bestaan uit die wederregtelike, nalatige veroorsaking van die dood van n ander
persoon. X sal nalatig wees ten opsigte van A se dood indien die opset om te
dood kortkom, maar dat hy, as redelike persoon, nietemin moes voorsien
het dat hy A se dood kon veroorsaak het. In daardie geval sal X skuldig wees
aan strafbare manslag.
Slegs indien vasgestel word dat sowel opset (in die vorm van dolus eventualis)
en nalatigheid ten aansien van A se dood by X afwesig is, sal X vrygespreek
word op sowel n aanklag van moord as een van strafbare manslag.
(b)

OPSIE 1
U kan die antwoord op hierdie opsie in SG 3.4.1.2 kry.
n Statuut/wet kan n plig op iemand l om positief op te tree, byvoorbeeld (u
moes na enigeen van die volgende verwys het):
a. om jaarliks n belastingopgawe van sy of haar inkomste in te dien of
b. om nie die toneel van n motorongeluk te verlaar nie, maar om hulp aan die
beseerdes te verleen en die ongeluk by die polisie aan te meld of
c. kennis van die feit dat korrupte aktiwiteite gepleeg is, te rapporteer
d. kennis van die pleging van sekere finansile misdade te rapporteer
Die Gemenereg kan n regsplig opl om positief op te tree, byvoorbeeld met
betrekking tot die misdaad hoogverraad word n regsplig op elke persoon
geplaas wat trou aan die Republiek verskuldig is, en wat kennis dra van of wat
ontdek dat n hoogverraadhandeling gepleeg of beplan word, onder die aandag
van die polisie te bring.

14
n Ooreenkoms kan n regsplig opl om positief op te tree. In Pitwood was daar
n regsplig op X op grond van n ooreenkoms met n spoorwegowerheid om
telkens n hek toe te maak as n trein oor n kruising ry. Hy het by geleentheid
nagelaat om dit te doen en is aanspreeklik gehou.
Indien n persoon verantwoordelikheid aanvaar vir beheer oor n gevaarlike
of potensieel gevaarlike voorwerp, ontstaan daar n regsplig om behoorlik
beheer daaroor uit te oefen. In Fernandez het X n bobbejaan aangehou en
versuim om die hok waarin dit aangehou is, behoorlik reg te maak, as gevolg
waarvan die bobbejaan ontsnap en n kind doodgebyt het. Hy is aan strafbare
manslag skuldig bevind.
Indien n persoon in n beskermende verhouding teenoor iemand anders staan.
In B het X, die biologiese moeder van Y, met n ander man, Z, saamgewoon. Z
het Y herhaaldelik aangerand. X was bewus van hierdie aanrandings, maar het
niks gedoen om dit te voorkom nie. As Y se natuurlike moeder het sy n regsplig
gehad om Y te versorg en daarteen te beskerm. Sy is skuldig bevind aan
aanranding.
n Regsplig kan ontstaan uit n vorige positiewe optrede of omissio per
commissionem, byvoorbeeld waar X vuur maak in n gebied met dro gras en
dan wegloop sonder om die vuur dood te maak om te voorkom dat dit versprei.
Die vorige positiewe handeling het n daaropvolgende plig geskep om positief op
te tree en X het nie daardie verpligting nagekom nie.
Indien n persoon n sekere amp beklee. In Ewels is beslis dat daar n regsplig
rus op n polisieman wat sien dat iemand anders wederregtelike aangerand word
om tot daardie persoon se hulp te kom.
OF
In Gaba was daar n plig op n polisieman uit hoofde van sy amp om sy kennis
ten aansien van die identiteit van n verdagte misdadiger, bekend asGodfather,
aan sy mede-ondersoekers bekend te maak wat besig was om hom te ondervra.
n Plig kan voortspruit uit hoofde van n hofbevel, soos die geval waar die hof X
beveel om onderhoud aan Y te bepaal nadat n egskeiding toegestaan is. As X
nalaat om hierdie bevel na te kom, sal hy aanspreeklik gehou word.
OPSIE 2
U kan die antwoord op hierdie opsie in SG 6.2.5 kry.
Regsbelang bedreig die een of ander regsbelang van X moet bedreig word.
Kan ook iemand anders beskerm mens kan ook ook in n noodtoestand
optree om iemand anders se belange te beskerm.
Die noodtoestand moes alreeds begin het, maar nie reeds afgeloop het nie.

15

CRW2601/103

Iemand kan hom op noodtoestand beroep, selfs al was hy persoonlik


verantwoordelik vir die oorsaak daarvan ons mening, soos in die studiegids
uiteengesit, is dat X nie verhinder moet word om hom suksesvol op noodtoestand te beroep nie net omdat hy dit self veroorsaak het nie. As die eerste
handeling (dws die handeling wat die noodtoestand veroorsaak het) egter op n
misdaad neerkom, behoort X nie toegelaat te word om hom op hierdie punt te
beroep nie.
Die persoon wat hom op noodtoestand beroep, moenie regtens verplig wees
om die gevaar te verduur nie sekere individue kan uit hoofde van hul amp (bv
polisiebeamptes) nie die gevare inherent aan die uitoefening van hul beroep
afweer deur die belange van onskuldige mense aan te tas nie. n Ander aspek
van hierdie rel is dat iemand hom nie op noodtoestand kan beroep nie indien dit
wat vir hom na n bedreiging lyk, in werklikheid regmatige (menslike) optrede is
nie (dws dit word gedek deur n regverdigingsgrond of deur die reg, bv regmatige
arrestasie deur n polisiebeampte).
Die handeling in noodtoestand moet die enigste manier wees waarop X die
gevaar kan voorkom.
X moet bewus wees van die feit dat n noodtoestand bestaan en dat hy dus in
noodtoestand optree.
X moenie meer skade aanrig as wat nodig is terwyl hy in noodtoestand
optree om die gevaar te ontkom nie.
Dit is in verband met hierdie vereiste dat die dilemma ontstaan of mens iemand
uit noodsaak kan dood. Dit is positief beantwoord in Goliath, waarin beslis is dat
noodtoestand as verweer geopper kan word teen n klag van doodslag van
n onskuldige mens in omstandighede van uiterste dwang. Daar is beslis
dat mens nooit hor eise aan n beskuldigde kan stel as wat redelik is nie.
As mens elke mens se drang tot selfbehoud in ag neem, beskou n gewone
mens sy eie lewe belangriker as iemand anders sn.
VRAAG 2
(a)

U kan die antwoord op hierdie opsie in SG 9.4.1; 9.4.2 en 9.4.3 kry.

(b)

U kan die antwoord op hierdie vraag vind in die grys blok in SG 14.1.2.2a.

(c)

U kan die antwoord op hierdie probleemtipe vraag in SG 6.3.4 kry.


Ten einde geldig te wees, moet die toestemming waarop X hom beroep, aan die
volgende vereistes voldoen. Dit moet
(1) vrywillig gegee word
(2) gegee word deur iemand wat oor sekere minimum geestelike vermons beskik
(3) gegrond wees op kennis van die ware en wesenlike feite
(4) f uitdruklik f stilwyend gegee word
(5) voor die verrigting van die handeling gegee word
(6) deur die klaagster self gegee word

16
U moet uitdruklik daarop wys dat punt (3) hierbo (gegrond op kennis van die ware
en wesenlike feite) op die feite van hierdie saak die geskilpunt is.
Ten einde suksesvol met sy verweer te wees, moet X aantoon dat die handeling
waarvoor Y haar toestemming gegee het, seksuele penetrasie is. Volgens die
gegewe feite het Y toestemming tot n operasie gegee, en nie tot seksuele
penetrasie nie.
Flattery of Williams
Volgens die feite het ons dus hier te doen met dwaling ten aansien van die aard
van die handeling (n error in negotio).
Die gevolg is dat die toestemming waarop X hom beroep ongeldig is, omdat Y nie
bewus was van die ware en wesenlike feite nie, in die besonder van die aard van
die handeling wat op haar uitgevoer is nie.
Dus sal X se verweer van toestemming ongeldig wees omdat Y nie tot seksuele
penetrasie toegestem het nie, maar wel tot n operasie.
(d)

OPSIE 1
U kan die antwoord op hierdie vraag in SG 2.3.2 vind. Sien ook Aktiwiteit en
Terugvoering aan die einde van SG 2.7 as voorbeeld van hoe n soortgelyke vraag
beantwoord moet word.
Ten einde aan die legaliteitsbeginsel te voldoen, moet die bepaling al die rels
nakom wat in die beginsel vervat is: (definisie) n beskuldigde mag nie aan n
misdaad skuldig bevind word wat nie deur die reg erken word (ius acceptum) as
n duidelik omskrewe misdaad (ius certum) voor die handeling plaasgevind het
nie (ius praevium) sonder n wye vertolking van die woorde van die definisie (ius
strictum). Nie alleen moet die bestaan/skepping van die misdaad aan hierdie
rels voldoen nie, maar die bestaan van die straf moet ook aan hierdie rels
voldoen (nulla poena sine lege- of nulla poena-rel).
n Statutre bepaling wat voorgee om n misdaad te skep voldoen ten beste aan
die legalisteitsbeginsel indien dit verklaar dat die bepaalde tipe handeling n
misdaad is (strafnorm) en wat die sanksie sal wees indien die bepaling oortree
word (strafsanksie).
Die aangehaalde bepaling stel dit duidelik dat die verbode handeling n misdaad
is. Dit bevat dus n strafnorm. In hierdie verband voldoen die bepaling aan die ius
acceptum-rel. Die maksimum straf wat egter opgel kan word, word nie
voorgeskryf nie daar is geen strafsanksie nie.
Daar is dus nie volledig aan die ius acceptum-rel voldoen nie.
Die bepaling voldoen nie aan die ius certum-rel nie, omdat die verbod van enige
handeling wat die goeie sedes van die gemeenskap skend vaag en onseker
geformuleer is.
Dit voldoen ook nie aan die ius strictum-rel nie, omdat dit onmoontlik is om
hierdie frase eng te vertolk om onbillikheid teenoor n beskuldigde te voorkom.
Om hierdie redes voldoen die aangehaalde bepaling nie aan die legaliteitsbeginsel
nie.

17

CRW2601/103

OPSIE 2
U kan die antwoord op hierdie vraag in SG 4.3.4 kry.
By die besluit of n voorwaarde wat n feitelike oorsaak is, ook n juridiese oorsaak
van die toestand is, laat die hof hom deur beleidsoorwegings lei.
Dit is wat gesaghebbend in Mokgethi beslis is
en onlangs in Tembani toegepas is.
Die beleid wat die hof aanvaar, is om te streef na n gevolgtrekking wat nie die
perke sal oorskry nie van wat redelik, billik en regverdig is.
Die hof sonder nie een spesifieke teorie van juridiese oorsaaklikheid uit as die
enigste korrekte teorie wat in alle omstandighede toegepas moet word nie.
By die toepassing van beleidsoorwegings kan n hof een of meer van die
spesifieke teorie van juridiesde oorsaaklikheid gebruik, soos die individualiseringsteorie/deurslaggewende oorsaak, die adekwasieteorie of die novus actus
interveniens-teorie.
Die hof kan ook gebruik maak van oorwegings buite hierdie spesifieke teorie.
VRAAG 3
(a)
(i)

U kan die antwoord op hierdie probleemtipe vraag in SG 5.3.3(3) kry.


Die betrokke vereiste om te besluit of X hom suskesvol kan beroep op noodweer
is die vereiste ten aansien van die afweerhandeling, naamlik dat daar n redelike
verhouding tussen die aanval en die afweerhandeling moet wees, of anders
gestel, dat die afweerhandeling nie skadeliker moet wees as wat nodig is
om die aanval af te weer nie.

(ii)

Ten einde te besluit of daar n redelike verhouding was tussen die aanval en die
afweerhandeling, moet sekere faktore in aanmerking geneem word, waarvan die
relevantste die volgende is:
Die relatiewe sterkte van die partye daar word ges dat X sterk gebou is;
terwyl Y as jonk beskryf word. Die feit dat X daarin kon slaag om die mes by Y af
te neem nadat hy haar arm gegryp het, is n aanduiding van sy krag.
Die geslag van die partye afgesien daarvan dat X sterkgebou is, is hy manlike,
terysl Y n vrou is. Oor die algemeen is dit billik om te s dat hierdie faktor
belangrik is.
Die middele wat hulle tot hul beskikking het Y het n lang, skerp mes gehad,
terwyl X net sy vuiste gehad het. Dit moet teen die eerste twee faktore hierbo
opgeweeg word.
Die aard van die dreigement en die waarde van die belang wat bedreig word
dit is billik om te s dat X se lewe en liggaamlike integriteit in gevaar was. Dit
moet teen die eerste twee faktore hierbo opgeweeg word.
Die hardnekkigheid van die aanval Y se aanval op X was nie hardnekkig nie,
veral nie nadat X die mes by haar afgeneem het nie. Selfs nadat Y die mes by
haar afgeneem het, het X aangehou om Y aan te rand totdat sy ernstig beseer
was en weens breinskade gesterf het. Dit is n faktor wat dui op oormatige aard
van X se aanval op Y.

18
As mens hierdie faktore toepas, sal die gevolgtrekking waarskynlik wees dat X
hom nie kan beroep op noodweer nie, omdat hy nie hierdie vereiste nagekom het nie, of omdat hy die perke van noodweer oorskry het.
(iii)

U kan die antwoord op hierdie probleemtipe vraag SG 10.6.1 en 11.9 kry.

X voer putatiewe noodweer of dwaling ten aansien van die bestaan van n
regverdigingsgrond aan.
Wanneer mens met n situasie te doen het waarin X die perke van noodweer
oorskry het, en dus wederregtelik opgetree het, moet die gewone beginsels van
skuld (in hierdie geval, opset) toegepas word om X se aanspreeklikheid te
bepaal. Dit is in Ntuli beslis.
Daar sal bevind word dat X opset gehad het indien hy aan twee vereistes
voldoen:
(1)

Daar kan ges word dat hy inderdaad geweet het (dolus directus) dat sy
optrede Y se dood kan veroorsaak of dat hy die moontlikheid voorsien het
dat dit sou gebeur en hom met daardie moontlikheid versoen het (dolus
eventualis) [opset om te dood kleurlose opset]; EN

(2)

Hy het geweet (dolus directus) of die moontlikheid voorsien (dolus


eventualis) dat sy handeling wederregtelik kan wees (dat sy handeling
die perke van noodweer oorskry het) en het hom met daardie moontlikheid versoen [opset om wederregtelik te dood gekleurde opset].

(3)

Die hof moet homself in dieselfde posisie as X plaas en indirekte


gevolgtrekkings ten aansien van X se bewustheid uit al die omringende
omstandighede maak De Oliveira-saak.

(4)

X sal hom nie suksesvol op hierdie verweer kan beroep nie - hy het opset
in die vorm van dolus eventualis gehad en het die opset gehad om
wederregtelik te dood.

(b)

U kan die antwoord op hierdie vraag in SG 7.3.4 kry.

(c)

U kan die antwoord op hierdie vraag kry in die grys blok in SG 12.5.2.
As iemand so dronk is dat haar spierbewegings onwillekeurig is, kan daar
geen sprake van n handeling wees nie, en alhoewel die toestand waarin sy
haar bevind aan die oormatige inname van drank toegeskryf kan word, kan sy
nie skuldig bevind word aan n misdaad as gevolg van sodanige spierbewegings nie.
In uitsonderlike gevalle kan n persoon weens oormatige drankinname heeltemal
ontoerekeningsvatbaar, en gevolglik nie aanspreeklik wees nie. Dit sal die
geval wees as sy so besope is dat sy nie besef nie dat wat sy doen
ongeoorloof is, of dat haar inhibisies wesenlik verkrummel het.
Die besondere-opset-teorie in verband met dronkenskap is onaanvaarbaar
en moet verwerp word.
Dronkenskap kan dus X se opset uitsluit om n minder ernstige misdaad te
pleeg.

19

(d)
4

CRW2601/103

Die Hoofregter het uit sy pad gegaan om te beklemtoon dat n hof nie ligtelik
tot die gevolgtrekking moet kom dat X, weens dronkenskap onwillekeurig
opgetree het of ontoerekeingsvatbaar was of dat die vereiste opset ontbreek
nie, omdat dit die regspraak in diskrediet sou bring.

U kan die antwoord op hierdie vraag in SG 11.6 kry.


AANTAL STUDIEBRIEWE

U sal gedurende hierdie semester in totaal VYF (5) studiebriewe ontvang. U het die eerste
studiebrief (101) by registrasie ontvang. Benewens die huidige studiebrief (103), sal u ook
'n vierde studiebrief ontvang (201) waarin ons die antwoorde gee op die eerste verpligte
werkopdrag. Die laaste studiebrief (202) sal kommentaar bevat oor die tweede verpligte
werkopdrag.
Let asseblief daarop dat hierdie studiebriewe ook elektronies beskikbaar is op myUnisa
(http://my.unisa.ac.za) onder die kursuskode, CRW2601-10-S1, by die skakel Official
Study Material.
Ons wens u baie sterkte met u studie toe.
Groete
Prof L Jordaan
Prof C van der Bijl
Mnr RD Ramosa

Unisa
/io

You might also like