You are on page 1of 2

IN DIE STREEKHOF VIR DIE STREEKAFDELING VAN VRYSTAAT

GEHOU TE BETHLEHEM
SAAKNO. ASH7/20178
In die saak tussen

DIE STAAT

en

LENKWE LETAWANA Beskuldigde


_______________________________________________________________________________

VERKLARING INGEVOLGE ARTIKEL 112(2) VAN WET 51/1977


_______________________________________________________________________________

Ek die ondergetekende LENKWE LETAWANA, verklaar as volg:


1. Ek is die beskuldigde in hierdie saak en weet wat die bewerings teen my is. Ek wil skuldig
pleit t.o.v. KLAGTE 1 aan oortreding van artikel 55(a) van Wet 32/2007- POGING OM ‘N
SEKSUELE MISDRYF, naamlik oortreding van artikel 3 van Wet 32/2007- POGING TOT
VERKRAGTING. Ek pleit vrywillig skuldig terwyl ek by my volle positiewe is.

2. Op 27 JANUARIE 2018 gedurende die dag het ek hout bymekaar gemaak by ‘n naby gelee
bos, te BETHLEHEM in hierdie Agbare Hof se jurisdiksie. Die klaagster in hierdie saak,
MASESI MIYA en en haar sister PHINDIWE MIYA, was ook daar gewees.

3. Terwyl ons besig was om die hout bymekaar te maak het ek ‘n ereksie in my penis begin
voel en ek wou myself net seksueel begin uitdruk.

4. Ek het vir MASESI gevra om met haar seksule omang te he, sy het egter geweier, ek het
haar gegryp met die doel om haar seksueel te penetreer. Ek het haar op die grong gegooi
en bo op haar gaan le. Op daardie stadium het haar sister Phindiwe tussen beide getree en
vir MASESI van onder my gegryp nog voor ek haar kon seksueel penetreer.

5. Ek het Phindiwe aan die hand geryp om te probeer verhoed dat hulle wegkom. Beide het
van die toneel gehardloop. Ek is later gearresteer vir die saak.

6. Ek erken dat ek geen reg gehad het om te poog om die klaagster seksueel te penetreer nie.
asook seksueel te skend nie Ek is baie jammer vir my optrede.

7. Ek erken dat ek geweet het ek pleeg ‘n oortreding van die reg en dat ek deur ‘n Hof skuldig
bevind en gestraf kan word daarvoor.
GEDATEER te BETHLEHEM hede 19 APRIL 2018.

____________________ _____________________
BESKULDIGDE J VAN DER MERWE
BETHLEHEM JC

You might also like