You are on page 1of 1

1 Maart 2011

IS : VERKEERSVERTOë – C MOSTERT

Geagte Heer/Dame

Ek verwys graag na aangehegte verkeersboete en rig graag ‘n versoek om oorweging daaran te skenk om of die
boete terugtetrek of te verminder.

Die betrokke dag van die vootval is ek ‘n boete opgelê omdat ek nie ‘n lisensieskyf op my motorfiets gehad het nie.
Betrokke lisensieskyf is vroeër die dag of van my motorfiets af gesteel of dit het afgeval. Ek was oppad na
Worcester polisiestasie om ‘n beëidigde verklaring daaroor af te lê toe die verkeersbeampte my stop en skryf.

Vind asseblief ook aangeheg ‘n afksrif van verklaring wat ek agterna by die polisiestasie gaan aflê het . Ek heg ook
‘n afskrif aan vanaf die verkeersdepartement dat ek wel ‘n geldige lisensieskyf gehad het ten tyde voormelde
voorval

Ek sal eerbiedig aanvoer date k nie nalatig was nie en dat sameloop van gebeure aanleiding gegee het tot die skryf
van die boete.

Graag versoek ek u eerbiedig om my aansoek te oorweeg

Die uwe

Mej C Mostert

Per Addres : Steinstraat 2

Hospitaalheuwel

You might also like