You are on page 1of 7
Kort verslag ‘Aandag: Aan wie dit mag aangean Die ondersoek na die dood van Mark Minnie en pedofilie Dié verslag bevat uittreksels uit my oorspronklike verslag vir die Menseregtestigting (MRS) gedateer 18/09/2018 en moet saam met daardie versiag gelees word. Die doel van hierdie verslag is om sekere punte en feite uit te klar en om feite bekend te maak wat nie in die eerste versiag verskyn het nie, omdat ek dit nie as relevant beskou het in dié tyd nie. Neem asseblief kennis dat ek nie sal verslag doen oor of die talle bespiegelings en aantygings sal herhaal wat met die sak te doen het nie. Ditis interessant dat Chris Steyn se regte en volle naam Christina Gesina Barlow (59) is. Sy deel ‘n huis in Hermanus met haar 38-jarige metgsel, Benade Kruger. Hulle is ook mede-elenaars van ‘n boekwinkel genaamd “The Book Collector” in Hermanus. Sy is steeds wettig getroud met Eben Barlow wat in Londen sam met sy meisie woon. Eben Barlow is ‘n voormalige operateur van die destydse Civil Co-operations Bureau (CCB) en stigter en uitvoerende hoof van Executive Outcomes. Tydens die bestaan van die CCB het Barlow onder die bevel van genl. Magnus Malan gewerk. Tydens die eerste twee weke van my werk in Port Elizabeth het ek gereeld kontak en vergaderings gehad met Chris en Benade (ons het in dieselfde hotel gewoon) en uiteindelik ook met Maryna Lamprecht, die nie-fiksie ultgewer van Tafelberg Ultgewers. In die tweede week het ek dit duidelik aan Chris Steyn gestel dat ek sonder ‘n sweempie twyfel kan bewys Mark Minnie het sy ele selfdood beplan en uitgevoer. Sy wou dit nie glo nie en het vorendag gekom met ‘n “derde mag’ wat hom sou gedwing het om homself om die lewe te bring. Sy het later daarna verwys as “afstand-selfdood” (remote suicide). Sy het geen bewyse daarvoor gehed nie. In opdrag van die MRS moes ek nou met Chris Steyn saamwerk en inligting met haar deel. Ek het ‘a lys name van moontlike getuies by haar gekry, maar geeneen van hulle het gelei na substansiéle bewyse nie. Lp In die tweede week van my ondersoek het ek my mening met Chris en Maryna gedeel (en gesé] op grond van wat ek ontdek het, moet die boek novit gepubliseer gewees het nie, omdat dit nie ‘gegrond is op die waarheid nie. Hulle is kort daarna terug Kaapstad toe en het geweier om met my te praat of te reageer op die boodskappe wat ek gelos het. Tafelberg Uitgewers het geadverteer dat Mark Minnie ‘n opvolgboek gaan skryf wat selfs meer ‘skandale sou ontbloot. Ek het albei manuskripte van die boeke op sy skootrekenaar gelees. Dit word genoem The Switch en Purple Tears 0 is pure fiksie, geskryf deur ‘n man met ‘n obsessie met seks en om iemand op die ergste manier moontlik dood te maak Wat betref die onderwerp van seks: In Die seuns van Bird island onthul Minnie hoe hy deur ‘tweeling- homoseksuele broers verkrag is. Die hartseer waarheid is dat hy seksueel mishandel en verkrag is ceur lM en nie deur die broers nie. Daardie broers lewe vandag nog. (Op 07/03/2019 het ek ‘n vergadering met die MRS by die kantoor van Cliffe Dekker Hof meyer in Johannesburg gehad. Van Suid-Afrika se top regsgeleerdes, gelei deur adv. Howard Varney (wat vir die stigting opgetree het) was ook daar. Yasmin Soofa, direkteur van die stiging, was ook teenwoordig, vergesel van haar assistente. Ek het my bevindinge verbal oorgedra en is deeglik daaroor ondervra. Op Saterdag 08/09/2018 (my verslag aan die stigting het die verkeerde datum) het ek ‘n voormalige Puma-vlieénier in Pretoria ontmoet. Op daardie vergadering het hy genoem dat dit geen geheim is nie dat die lugmag in daardie jare die kabinetsministers en ander belangrike mense na Bird Island gevlieg het vir hengeluitstappies. Tot vandag toe is geen getuienis gelewer of getuies na vore gekom om te bevestig dat militére helikopters gebruik is om seuns na Bird Island te vlieg nie. Ek het my volledige, geskrewe verslag op 19/09/2018 aan die stigting ooryhandig en hoewel die ondersoek aan die polisie oorhandig is nadat my mandaat beéindig is, was daar nog geen ‘ontwikkeling nie. Die ondersoek is oorhandig aan brig. Harri van die kindermishandelingeenheid in Kaapstad. Sy rapporteer regstreeks aan genl.maj. Veary. Ek weet nie waarom die saak nie gegee is aan eenheid in Port Elizabeth, wat ‘n baie goeie reputasie het en uiteraard die omgewing en sy mense goed ken nie, Ter opsomming: 1. Daar is steeds geen enkele stukkie bewys om gen|. Malan of min. Du Plessis te verbind aan die pedofielring wat in die 1980's in Port Elizabeth bedryf is 2. Daar is genoeg rede om te glo dat Minnie nie na China is “om die goete ou te wees” en Engels te onderrig nie. Daar is rede om te glo dat hy eintlik van sekere kriminele elemente in die Suid-Afrikaanse onderwéreld weggekruip het. 3. Minnie en Steyn het albei met die destydse Waarheids-en-versoeningskommissie ‘n ideale geleentheid gehad om die sak te “onthul”. Waarom het hulle nie toe na vore gekom nie? Kontak my vir verdere inligting of duidelikheid oor die bogenoemde inhoud. Die uwe Wouter de Swardt Lang verslag ‘Aandag: Adv. Howard Varney ‘Ondersoek na die dood van Mark Minnie en pedofilie Beste mnr. Varney Op Donderdag 16/08/2018 is ek gekontrakteer en opdrag gegee om na Port Elizabeth te reis om die dood van Mark Minnie en die verband met aantygings van ‘n pedofiliekring in die 1980's te ondersoek. Ek het dieselfde middag in P.E, angekom en dadelik met die ondersoek begin. In daardie stadium het dr. David Klatzow my vergesel. Neem asseblief kennis dat ek nie oor die verskeie bespiegelings en aantygings oor die saak sal verslag doen of dit gaan herhaal nie, Die verslag is gegrond op feite Met my aankoms by die hotel waar ons gebly het, het ons vir Chris Steyn, medeskrywer van die boek Die seuns van Bird Island en haar metgesel/vennoot Benade Kruger ontmoet. Hulle het in dieselfde hotel gewoon. Na die kennismaking is ons na dr. Klatzow se kamer vir ‘n ontmoeting ~ die hoofdoe! ‘was om inligting oor die saak uit te ruil. Me. Steyn is bygestaan deur twee ander mans, wat as haar Iyfwagte voorgestel is. Die vergadering het nie lank geduur nie en ons het niks uitgerig nie. Op die vergadering het dr. Kletzow EEE gebel om haar in te lig dat hy in P.E. is en die saak ondersoek. Die vergadering het verdaag en me. Steyn het my genool om hulle by Die Kelder-restaurant vir aandete te ontmoet. By dié ete het ons mekaar leer ken en ooreengekom om inligting oor Mark Minnie se dood en ander sake uit te ruil ‘Me. Steyn dit toe duidelik gemaak dat sy nie glo Mark Minnie sou homself om die lewe bring nie. Sy was oortuig dat hy deur 'n derde party vermoor is, of gedwing is om homself dood te maak. Sy het geen getuienis om haar mening te staaf nie. Die Vrydagoggend 17/08/2018 het ek 'n vergadering gehad met Markus = seun (van Minnie) wat van China af gekom het —en sy ma, Bernie ~ die eksvrou (van Minnie) in hul huis in‘n tipiese middetklas-woonbuurt in Port Elizabeth. Dit is dieselfde adres waar Minnie die aand voor sy dood ‘was. Dr. Klatzow was ook daar. Daar het nie veel uit die vergadering gekom nie. Bernie het gesé Minnie het die huis omstreeks 08:00 die Maandag (13/08/2018) verlaat het en gesé het hy gaan na Tsitsikamma. Hulle het ook gesé hulle dink nie hy (Minnie) sou homself om die lewe bring nie. Ek het gevra waar Minnie se skootrekenaar is. Hulle het albei gesé hulle weet nie waar dit is nie, © bet verduidelik hoe belangrik dit is om die skootrekenaar te kry om te soek na dreigemente wat met sy dood verband hou en vir die ondersoek oor die algemeen, Ek en dr. Klatzow is toe na die staatslykhuis om na Mark Minnie se oorskot te gaan kyk, maar omdat cons nie ‘n afspraak gemaak het nie, is ons toestemming geweier om dit daar te bestudeer. Die familie het reetings getref om die lyk na ‘n private begrafnisonderneming te laat neem. Ons het by die Algoa-begrafnisondernemer na die Iyk gaan kyk. Omdat die amptelike Iykskouing reeds gedoen was, kon ‘n mens nie veel wys word uit die besigtiging nie, behalwe dat die trajek van die koeé!l duidelik sigbaar was. Ons is daardie middag laat terug na die hotel, waar ek verskele leidrade en inligting opgevolg het. Ek het ook reétings getref om EAMINIININ die voglende dag vir verdere ondersoek te ontmoet Ek het dr. Klatzow om 08:00 die volgende dag (17/08/2018) by die lughawe afgelaai. Hy is terug na Kaapstad ER het toe gebel om te laat weet die polisie is weer op die plaas. Ek het besluit om nie in ‘te meng nie en hetfby ‘n koffiewinkel naby die plaas ontmoet. By dié ontmoeting het verduidelik dat hy en Minnie mekaar al dekades ken en sam in die polisie was. Hy het ges® dit is nie vreemd vir Minnie om op die plaas aan te kom en ‘n ruk lank daar te bly nie. Minnie het die kombinasie van die kluis geken, omdat hy sy paspoort en buitelandse geld daar gebére het. Hy het die aand op Minnie se Iyk afgekom toe hy hom gaan soek het nadat sy familie gebel het om te vra of hy Minnie gesien het.

You might also like